KAN ONS MET CHRISTUS WEES SONDER SY LIGGAAM?

David Wilkerson (1931-2011)

Die apostel Paulus beveel ons, “Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik” (1 Korinthiërs 12:27). Want net soos die liggaam een is baie lede het, en al die lede van die een liggaam is, so ook Christus” (12:12).

Paulus sê vir ons in wese, “Kyk na jou eie liggaam. Jy het hande, voete, oë en ore. Jy is nie net ‘n geïsoleerde brein, los van die ander lede nie.” Dit is dieselfde met Christus. Hy is nie net ‘n hoof nie; Hy het ‘n liggaam en ons is sy lede. Ons is aan Jesus verbind, ons hoof, maar ons is ook aan mekaar verbind.

Paulus is in die kol met hierdie punt en sê, “Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie? Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood” (1 Korinthiërs 10:16-17). Eenvoudig gestel, ons word almal gevoed deur dieselfde voedsel: Christus, die manna uit die hemel. “Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee” (Johannes 6:33).

Sommige Christene wil nie aan die ander lede vas wees nie. Hulle het gemeenskap met Jesus maar hulle sluit hulleself doelbewus van ander gelowiges af. Maar ‘n liggaam kan nie uit net een lid bestaan nie en Christus se liggaam kan nie slegs uit ‘n kop bestaan nie. Ons kan eenvoudig nie een met Christus wees sonder om een met sy liggaam te wees nie.

Gelowiges word saamgesnoer, nie net deur hulle behoefte aan Jesus nie, maar aan hulle behoefte vir mekaar. Paulus sê, “En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie” (1 Korinthiërs 12:21).

Ons hoof sê ons is almal belangrik, selfs noodsaaklik, vir die funksionering van sy liggaam. Dit is veral waar van lede wat seer het en ly. Die Here self sê, “Ek het jou nodig. Jy is ‘n lewensbelangrike lid van my liggaam en absoluut noodsaaklik daarvoor om te funksioneer.