IS JY VERWARD OOR GEBED?

David Wilkerson (1931-2011)

“En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge” (Romeine 8:26). Die Heilige Gees het gekom om ons te lei in ‘n lewe van gebed.

Ons kan so verward word oor gebed, dit so ingewikkeld laat lyk. Daar is menigtes van teorieë wat verwarring bring en allerhande vrae veroorsaak: Wanneer word gebed voorbidding? Word voorbidding gemeet met vurigheid, of hoe hard, of die hoeveelheid tyd deurgebring op my knieë? Hoe sal ek weet Ek bid binne God se wil? Tel gebed wat in my gedagtes gebid word? Waarvoor moet ek presies bid?”

Sulke verwarring kan oorweldigend wees en kan mense in werklikheid daarvan weerhou om te bid. Daar was egter nog nooit ‘n tyd wanneer die gebede van God se kinders meer nodig was nie. Selfs in sy antieke tyd, het Paulus van die aarde gesê, “die hele skepping tesame sug” (Romeinte 8:22). Berigte van verwoesting en naderende verwoesting oorval ons van alle kante af en sulke berigte oorweldig mense wêreldwyd. Christene is nie onthef van die spanning van wat in die wêreld gebeur nie.

Soos globale gebeurtenisse versleg en saamsweer om mense van vrede te beroof, soek samelewings oral na ‘n bron van vertroosting. Maar hulle vind dit in psigoterapie, in dooie godsdiens, in sake, selfs in liefdadigheid. Ons enigste bron vir so ‘n tyd, is die gebed van geloof.

Hier is net ‘n paar kragtige maniere waarop die Heilige Gees ‘n rol speel in ons gebede:

  • Dit is in gebed dat die Heilige Gees die teenwoordigheid van Christus in ons openbaar.
  • Dit is in gebed dat die Gees God se beloftes in ons harte verseël.
  • Dit is in gebed dat die Trooster hoop tot ons spreek.
  • Dit is in gebed dat die Gees sy riviere van vertroosting, vrede en rus in ons siele loslaat.

Bid hierdie gebed: “Heilige Gees, hou my in innige gemeenskap met Jesus. Moenie dat ek my tyd met die Een wat my siel liefhet, verwaarloos nie. Hou my op my knieë, dan sal ek u vertroosting ken.”