IS JY VERLIEF OP JESUS?

David Wilkerson (1931-2011)

“Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het” (Hebreërs 11:5).

Henog het God gehoorsaam met die een motief om Hom te behaag en hy was beloon deur die Vader deurdat hy weggeneem is – wat beteken hy was in die hemel opgeneem sonder dat hy gesterf het. Net omdat hy die Here behaag het!

“En wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom " (1 Johannes 3:22).

Paulus skryf, “So spreek ons, nie om mense te behaag nie, maar God wat ons harte beproef” (1 Thessalonicense 2:4). “Dat Hy alle welgevalle aan wat goed is, en alle werk van die geloof met krag volkome mag maak” (2 Thessalonicense 1:11).

Is jy verlief op Jesus? Bring jy tyd deur met Hom in die Woord en in gebed? Deur met Hom te wandel en te praat, sal ‘n heilige, liefdevolle gemeenskap skep. Deur Hom te prys en Hom te aanbid, sal julle verhouding inniger maak.

Hoe meer jy Jesus liefhet, hoe makliker is dit om Hom te dien en te gehoorsaam. Die opinies van die wêreld sal jou nie langer pla nie, omdat jy kan sê, “Ek het van my Vader gehoor en ek doen die welbehae van sy hart!” Die gees van gehoorsaamheid sal uit jou hart kom en vrylik vanuit jou vloei.

Jesus sê vir ons, “Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar” (Johannes 14:21). Wat ‘n ontsaglike belofte – alles gebaseer op gehoorsaamheid!

Hoe kom jy by die plek uit om Jesus lief te hê? Ondersoek die evangelies – leer sy woorde ken. In baie Bybels is die woorde van Jesus in rooi geskryf. En soos jy sy woorde leer, doen dit! Hoe meer jy Hom gehoorsaam, hoe liewer word jy vir Hom.