IS JY SKULDIG DAARAAN OM GOD TE IGNOREER?

David Wilkerson (1931-2011)

Elke Christen weet God woon nie in mensgemaakte tempels of geboue nie. In plaas daarvan, het die Here gekies om in menslike werktuie te woon – dit is, in die harte en liggame van sy mense. Elke gelowige kan met vertroue daarin roem, “God leef in my.” Natuurlik is die Here oral, maar volgens sy Woord, is die bloedgewaste hart sy permanente woning.

Wanneer het God in ons begin woon? Hy het dit gedoen toe ons aanvanklik ons harte vir Jesus gegee het. Op daardie oomblik, het Christus se blywende teenwoordigheid ons wese gevul. Hy getuig, “Dat Ek in my Vader is, en julle in My, ek Ek in julle ... As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak” (Johannes 14:20-23).

Onthou jy die dag waarop jy gered is? Onthou jy die gevoelens wat jy beleef het – die beloftes wat jy aan Jesus gemaak het, dat jy alle ander sou laat staan en Hom volg? Jesus het dit gesien gebeur, eone tevore in die ewigheid – en Hy het Hom in jou verlustig. Hy het geweet jy gaan Hom aanneem, selfs voor jy in jou moeder se baarmoeder gevorm is.

“U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie” (Psalm 139:16).

Voor jy nog ‘n embrio was, het God reeds jou liggaam se lede in sy boek opgeskryf. Hy het alles van jou af geweet. En sy Seun, Jesus, het Hom verlustig in die wete dat jy sou opgroei om sy woning te wees. Hy het gejuig oor die gedagte daaraan om sy Woord vir jou oop te breek: “Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het” (Johannes 15:15).

Vervul jy sy verwagting om ‘n leeftyd saam met jou deur te bring? Neem jou intimiteit met Hom toe of is sy skuldig daaraan om Hom te ignoreer? God smag na jou en Hy het planne vir jou. Laat die Here hierdie die eerste dag van ‘n nuwe begin vir jou maak.