IS JY RAADOP?

David Wilkerson (1931-2011)

Die gees van moedeloosheid is Satan se kragtigste wapen teen God se uitverkorenes. Meer as dikwels, gebruik hy dit om ons te oortuig dat ons God se toorn op onsself laat neerkom omdat ons nie sy heilige standaarde kan handhaaf nie. Maar die apostel Paulus dring by ons aan om nie ‘n slagoffer te word van die duiwel se strik nie; “Want ons is met sy planne nie onbekend nie” (2 Korinthiërs 2:11).

Paulus sê in wese, “Jy moet jou moedeloosheid sien vir wat dit werklik is – ‘n demoniese wapen – ‘n pyl wat Satan na jou toe skiet om jou sover te kry om jouself in twyfel te trek. Hy weet hy kan jou nie versoek om van Jesus afvallig te word nie en daarom oorweldig hy jou met verskriklike leuens om jou te laat dink dat jy nooit goed genoeg sal wees om Christus te dien nie.”

Koning David se gees was neerslagtig gemaak deur swakheid, gebrokenheid, droefheid en ‘n gevoel van ongerustheid. Hy het dor en leeg gevoel, sonder rigting: “My hart slaan vinnig, my krag het my verlaat; en die lig van my oë, ook dit is nie by my nie” (Psalm 38:10). Dawid sê in wese, “My visie en openbaring van die Here het my verlaat en ek kan nie by God uitkom soos ek eens het nie.”

Ek weet persoonlik hoe Dawid gevoel het. Ek het baie ryke seëninge deur my bediening ontvang maar baie kere, enkele dae na groot gebeurtenisse, het moedeloosheid my oorweldig. Ons is teikens vir die magte van die hel net oomblikke na ons grootste geestelike oorwinning.

Daar is talle biografieë van toegewyde manne en vroue wat die Here magtig gebruik het en almal van hulle het gesukkel met ‘n verlammende moedeloosheid. Byvoorbeeld, die groot Britse prediker, C.H. Spurgeon, het menigtes na Christus gelei deur sy kragtige preke, maar hy het gely aan verskriklike aanvalle van melancholie.

Die eerste ding wat die Heilige Gees in sulke tye doen, is om jou te herinner aan al die kosbare beloftes van Jesus. Hy sal jou siel oorstoom met daardie beloftes en jou gees sal sweef binne-in jou. Die werk van die Heilige Gees is om die leuens van die vyand te vernietig en vir jou moed van bo af te skenk! Wees verseker dat almal wat op die Here wag, sy heerlike beloftes sal ontvang.