IS JY MOEG VIR JOU EIE POGINGS?

Gary Wilkerson

“Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus…Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig” (1 Peter 1:13-16).

Jy mag dalk voel dat al jou pogings om heilig te wees verniet is. Jy het al soveel keer misluk en hierdie is jou laaste kans. Maar God sê nie vir jou om heilig te wees op dieselfde manier as wat Hy is nie, omdat jy duidelik nie goddelik is nie. God sê nie, “Kyk na My en probeer jou bes in jou eie krag om soos Ek te wees” nie. Nee – en dit is glorieryk – Hy sê, “wees heilig” op dieselfde manier as wat Hy gesê het, “Son, skyn in die ruimte. Aarde word gevorm. Water, val op die Aarde.” Dieselfde manier wat Hy die Hemele en die Aarde geskep het – deur dit in wording te spreek – is hoe Hy jou heiligheid in wording spreek.

God sê nie vir jou, “Laat ons sien hoe goed jy kan wees” nie. Dit is glad nie so nie. Hy sê, “Ek verklaar dat jy heilig sal wees. Ek spreek dit in wording dat jy heilig is. Ek maak jou soos Ek. Ek gee jou my Woord wat vir altyd bly – en dit is krag. Dit is lewe! Dit is blydskap! Dit is oorwinning! En ek plaas dit alles binne-in jou.”

God nooi jou nie uit om te probeer om ‘n heilige lewe te leef nie; Hy spreek hierdie woorde oor jou. Dit mag ‘n tyd neem en daar mag ‘n paar storms en gevegte wees met die vlees, maar jy sal ‘n progressiewe heiligmaking beleef. Hy maak jou heilig! Dit  behoort jou te vul met bydskap en hoop. Wees bemoedig en geïnspireer met volkome vertroue dat God vir jou en nie teen jou is nie.