AS JY LEEG EN MAGTELOOS VOEL

David Wilkerson (1931-2011)

Moses was deur God in besit geneem. Toe hy in Farao se huis gebly het, het hy geweier om Farao se seun genoem te word: “Omdat hy verkies het om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om ‘n tyd lank die genot van die sonde te hê, en die smaad van Christus groter rykdom geag het as die skatte van Egipte, want hy het uitgesien na die beloning” (Hebreërs 11:25-26).

Daar was geen twyfel oor God se aanraking op Moses se lewe terwyl hy in Egipte was nie. Hy het geweet hy was geroep om Israel te verlos; trouens, hy het aangeneem die Israeliete sou hom herken as hulle verlosser toe hy die Egiptiese slawedrywer doodgeslaan het. Stefanus het getuig, “Hy...[het] die Egiptenaar...verslaan. En hy het gedink dat sy broers sou verstaan dat God hulle deur sý hand redding sou gee” (Handelinge 7:24-25).

In plaas daarvan, moes Moses vlug as gevolg van sy daad. Teen die tyd dat hy gevlug het, was Moses heeltemal uitverkoop aan God, hoewel hy geen idee gehad het dat hy op die punt was om weg te kruip in ‘n afgeleë plek in ‘n woestyn vir veertig jaar lank.

Wat het hierdie woestyntydperk in Moses se lewe verteenwoordig? Dit is ‘n tyd wat talle diensknegte beleef wat deur God besit word. Jy is moontlik een van hulle en voel dat jy vasgevang is in ‘n posisie ver onder jou vermoëns. Moses was net so ‘n dienskneg. Hy het ‘n magtige roeping op sy lewe gehad en hy het daarvan gedroom om groot dade vir God te doen, maar hy was in ‘n woesteny met geen voor die handliggende toekoms nie.

Terwyl Moses oortuig was hy het geen stem en geen boodskap gehad het nie, het God agter die skerms gewerk. Eendag het Hy ‘n bos aan die brand gesteek en daaruit gespreek, “Trek jou skoene uit, Moses. Jy is op heilige grond! Nou is jy op die punt om groot dinge te beleef in jou diens aan My.”

Daardie brandende bos was die vuur van Heilige Gees wat deur ‘n natuurlike voorwerp beweeg het. Net so wil God vandag meer van Homself aan jou openbaar sodat ander rondom jou sal besef, “Daardie persoon was by Jesus.” As jy Hom soek met hernude intensiteit, sal jy verander word in ‘n nuwe man, ‘n nuwe vrou. Net soos vir Moses, lê jou beste dae steeds voor.