JY KAN JOUSELF NIE BEKWAAM MAAK NIE

David Wilkerson

Wanneer Satan jou probeer oortuig dat jy onwaardig is om met die Here te praat en Hom te dien, weet jy dit is nie waar nie. Jy kan dit egter moeilik vind om ten volle verseker te wees dat Hy jou gereinig en waardig gemaak het om voor Hom te staan en Hom getrou te dien. Maar die Woord van God sê Hy het!

“Sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei, en met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap, en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heliges in die lig – Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes” (Kolossense 1:10-14).

Die Griekse betekenis van Kolossense 1:10-14 is: “Die Vader het ons bevoeg, waardig, bekwaam in karakter en goed genoeg gemaak om deelgenote in die erfenis van die heiliges in die lig te wees.”

Wat Jesus aan die kruis gedoen het, maak jou bekwaam vir die ewige erfenis, en as God jou bekwaam gemaak het vir die ewige lewe, dan het Hy jou ook in jou karakter bekwaam gemaak. Jy kan vir ‘n tydperk verlof vat van bediening of diens en probeer om jouself bruikbaar te maak vir Hom, maar jy sal dit nooit kan regkry nie. God sal niemand se geregtigheid aanvaar nie, behalwe dié van sy eie Seun, Jesus Christus.

Jy sal nooit in staat wees om die geregtigheid van Christus te verkry deur daarvoor te werk nie, so glo en vertrou God daarvoor. Dit kom na jou toe deur geloof. Jy sien, jy is nie net verlos deur geloof nie, maar jy word ook geheilig deur geloof, vrygespreek en regverdig gemaak deur geloof, genees deur geloof en bewaar deur geloof.

Dit alles gebeur deur te glo in dit wat Jesus vir jou gedoen het.