JY KAN BEGIN LEWE

Carter Conlon

Oud word in die wêreld is vreesaanjaend, maar in die Liggaam van Christus, word krag aan ouderdom gegee – ‘n krag groter as profetering en die sien van visioene. Aan die einde van die lewe, is die mense wat jy liefhet, diegene die naaste aan jou, en diegene wat God onder jou sorg geplaas het, die belangrikste.

Wanneer jy oud word in die Liggaam van Christus, hoef jy nie op te krul en te sterf nie. Jy kan begin lewe! Ons uitroep moes wees, “O, God, rig ons harte op die kinders van hierdie geslag. Dit maak nie saak hoe ver heen hulle mag lyk nie, gee ons die moed om in hulle lewens inspraak te maak en ‘n blywende impak agter te laat.”

Miskien was jou woorde in die verlede nie wat dit moes wees nie, maar dit kan ‘n nuwe dag wees. Ongeag ons tekortkominge en swakhede, bly God getrou en sal Hy ons bemagtig om te praat met die volgende geslag.

Dit is wonderlik wanneer jy besef dat jy die krag van inspraak het om ‘n verskil in iemand se lewe te maak. Ek onthou as ‘n jong Christen, het ek deur ‘n tydperk gegaan waarin ek soos ‘n mislukking gevoel het en op die ou end, het ek onder hierdie wolk van wanhoop beland vir ‘n aantal maande.

Eendag was ek uit saam met ‘n ouerige Polisie-konstabel genaamd Doug, ‘n Christen, en hy het vir my gevra,  “Wat is verkeerd met jou?”

“Ek is so moedeloos,” het ek verduidelik. “Ek voel soos ‘n mislukking. Ek wil anders wees, maar dit is net hopeloos.”

Hy het na my gekyk en gesê, “Dit is net die duiwel wat jou probeer veroordeel. Daar is geen veroordeling vir diegene wat in Christus Jesus is nie. Ek weet jy wil God hê, so kom ons sit daardie gesindheid weg.”

Tot op hierdie dag onthou ek steeds die woorde wat hy oor my lewe gespreek het! Dit was nie uitsonderlik diepgaande nie, maar dit was deur ‘n ouer man in ‘n jonger man se lewe gespreek. En dit het my in staat gestel om weer op te staan.

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.