AS JY DORS HET

Gary Wilkerson

Vroeg in sy bediening, het Jesus insake Homself aangekondig: “En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê” (Johannes 7:37, klem myne). Jesus het nie bloot ‘n stelling gemaak nie – Hy het uitgeroep. En Hy het gewag tot op die belangrikste dag van die fees om op te staan en hierdie aankondiging te maak: “(Hy) het uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: Strome van lewende water sal uit sy binneste vloei” (Johannes 7:37-38).

Dit was méér as ‘n teologiese stelling, dit was ‘n daad van deernis. Dooie godsdiens het God se mense neerslagtig gemaak. Dit moes hulle verkwik, maar dit het hulle met hoegenaamd geen lewe agtergelaat nie. Nou het Jesus aangekondig, “Ek is jou beker koue water, die verfrissende fontein wat nooit ophou vloei nie. Jy kan van My drink en vind dat jou lewe voortdurend vernuwe word.”

Daar is geen kwalifikasies nodig om van hierdie wonderlike putfontein te drink nie. Christus verseker ons, “Hy wat in My glo .... laat hom na My toe kom en drink!” (Johannes 7:38).

As Jesus sê, “Strome van lewende water sal uit sy binneste vloei,” wys Hy vir ons hoe ons lewens sal lyk met ‘n eenvoudige aanraking van Hom. Dit is die aanraking wat verkwik soos niks anders nie en dit vernuwe die mees verpotte, wanhopige, droewige siel met krag uit die hemel. Sy Gees vul ons so, dat ons oorloop met oorvloedige lewe, genade, barmhartigheid en liefde.

Ja, my vriend, Sy stroom van lewe verander alles!