JOU VRIENDE MAAK VIR GOD SAAK!

David Wilkerson (1931-2011)

Jy het waarskynlik verskeie vriendekringe wat insluit jou besigswêreld – jou medewerkers, vennote of kliënte – en kennisse met wie jy assosieer op ‘n oppervlakkige manier. Ons sou die wêreld heeltemal moes verlaat om hierdie soorte kontakte te vermy.

God is die meeste begaan oor jou boesemvriende. Dit is die mense wat jy die liefste het en ‘n invloed op jou lewe het. Julle stem saam oor die meeste dinge en julle voel veilig om julle harte teenoor mekaar oop te maak.  

Dit is belangrik om te weet dat as ‘n volgeling van Jesus, sal jy deur Satan versoek word om goddelose vriendskappe te smee. Hy sal probeer om iemand in jou lewe te bring wat alles goddeliks in jou kan vernietig! Jy mag dalk dink, “Wag ‘n bietjie! Ek wil nie begin om my vriende in twyfel te trek nie.” As julle ware vriende is, saamgebind deur die Gees van Christus, sal jy niks te vrees hê om jou verhoudings met hulle te ondersoek nie. Maar dit sou vir jou wys wees om na jou vriendskap te kyk in die lig van die Skrif.

‘n Ware vriend sal altyd die kant van God se Woord neem in enige saak, en nie net jou kant omdat julle vriende is nie. So ‘n vriend sal jou genoeg liefhê om vir jou die waarheid te vertel, selfs al kan dit soms seermaak.

Geliefde, jou vriende is ‘n ernstige saak vir God – omdat hulle dade ernstige gevolge het. Die Bybel is baie duidelik: “Verkeer nie met ‘n driftige man nie...sodat jy nie gewend raak aan sy paaie en ‘n strik vir jouself span nie” (Spreuke 22:24-25). “Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes” (1 Korinthiërs 15:33).

Neem vandag ‘n standpunt in. As jy goddelose vriende in jou binnekring het, breek met hulle. En wees altyd waaksaam teen Satan se pogings om iemand in jou lewe te stuur wat Christus se werk in jou sal vernietig.

Bid hierdie gebed vandag, “Here, open my oë oor al my vriendskappe! Help my om duidelik te onderskei, of dit goed of sleg is, en mag al my verhoudings U verheerlik!”