JOU TYD SAAM MET HOM

David Wilkerson

Koning Asa het God se volk gelei tot by ‘n wonderbaarlike oorwinning oor Etiopië se miljoen-manskap leër. Daarna het hy getuig dat God se teenwoordigheid die vyand laat spaander het.

“En Asa het die HERE sy God aangeroep en gesê: HERE, niemand kan help soos U tussen die magtige en die kragtelose nie; help ons . . . want op U steun ons, en in u Naam het ons teen hierdie menigte gekom. . . . En die HERE het die Kusiete (Ethiopiërs) voor Asa en Juda verslaan” (2 Kronieke 14:11–12).

Terwyl Asa sy triomfantlike leër teruggelei het na Jerusalem, het die profeet Asárja hom by die stadspoort met hierdie boodskap begroet: “Luister na my, Asa . . . Die HERE is met julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat. En daar was baie dae dat Israel sonder die ware God was. . . . Maar as hulle in die nood hul tot die HERE, die God van Israel, bekeer het en Hom gesoek het, het Hy Hom deur hulle laat vind” (2 Kronieke 15:2–4).

Hier is die geheim om die teenwoordigheid van God in jou lewe te kry en te handhaaf. Die Here het Asa in geen onduidelike terme herinner: “Asa, moet nooit vergeet hoe jy hierdie oorwinning behaal het nie. Toe jy in die moeilikheid was, het jy My met jou hele hart gesoek. Onthou, dit was My teenwoordigheid wat vir jou die oorwinning behaal het.

Vandag sweef die wolk van God se teenwoordigheid oor jou afgesonderde binnekamer. Dit sal jou lei, bemagtig en bewaar in God se rus en vir jou leiding gee vir jou huis, werk en verhoudings. Jy kan op enige plek met die Here kommunikeer, of dit nou is wanneer jy pendel na jou werk of op pad is skooltoe. Jy kan alle ander dinge uitsluit en sê, “Here, ek het op hierdie oomblik ‘n halfuur en ek wil met U praat.” Dit is jou “binnekamertyd” met Hom.