JOU HUIDIGE VERDRUKKING

David Wilkerson

Ons kan eenvoudig nie verduidelik waarom regverdige mense onoorkombare lyding beleef nie. Waarom word die moeilikhede meer vir diegene wat God innig liefhet?

“Dit is alles bedoel om geduld te leer.”

“Dit leer God se mense om Hom meer te vertrou.”

Regtig? Is dit werklike redes of is dit niks meer as afgesaagde uitdrukkings nie? Sulke stellings het sekerlik geen betekenis vir diegene wat kritieke krisisse verduur nie.

Tydens ‘n onlangse tyd van groot persoonlike beproewing, het ek die Here gevra, “As daar lesse is wat ek moet leer uit hierdie huidige beproewing, leer my asseblief.”

DIT GAAN ALLES OOR DIE EWIGHEID

Die Gees het duidelik tot my hart gespreek: “Jou huidige beproewing het niks te doen met tugtiging nie. Trouens, dit net hoegenaamd niks met hierdie wêreld te doen nie. Jou intense, langdurige beproewing het te doen met die ewigheid. Ek berei jou voor vir jou diens en bediening in My Koninkryk.”

Geliefde, ek glo ons word gespeen van alles wat van hierdie wêreld is. Die pyne wat ons nou beleef is verskriklike geboortepyne. God het laat ons toe om so verswak te word in ons menslike krag, dat ons al ons strewinge sal staak en Hom sal toelaat om ons die res van die pad te neem.

Daar is ‘n ou Christelike liedjie:

Eendag, wanneer die môre kom, 
Wanneer God se heiliges almal huistoe kom, 
Sal ons die storie kan vertel van hoe ons kon oorkom,
En ons sal beter verstaan eendag. 

Dwarsdeur my lewe het ek getuig van God se goedheid. En in die nuwe wêreld wat kom, gaan ek my storie dwarsdeur die ganse hemel vertel – die storie van hoe werklik, naby en barmhartig Jesus teenoor my was in my slegste tye. Eer aan God!