JOU HUIDIGE OMSTANDIGHEDE

David Wilkerson

In sy latere jare, was die getroue dissipel, Johannes, verban na die eiland Patmos (Sien Openbaring 1).

Dit was eintlik ‘n straf van alleengevangenskap. Johannes het geen menslike kontak op Patmos gehad nie, behalwe met sy tronkbewaarders. Dit was ‘n tyd van snerpende koue, honger en ‘n folterende afsondering vir hierdie bejaarde dienaar. Tog, te midde van sy beproewing, het Johannes ‘n magtige visioen van die Here gehad.

“En toe ek Hom [Christus] sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste en die lewende: en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood” (Openbaring 1:17-18).

Vandag probeer ek myself indink in Johannes se situasie. Dit moes selfs vir hierdie goddelike man ‘n tyd van groot verwarring en betwyfeling gewees het. Trouens, ek glo dat dinge nie erger vir Johannes kon wees nie. Die eerste woorde wat Jesus egter vir hierdie beangste dienaar gesê het, was “Vrees nie.”

Selfs die apostel Paulus het hierdie soort wanhopige afsondering geken. Te midde van sy eie beproewings, het Paulus egter ‘n visioen gehad van Jesus wat langs Hom staan, maar hy was in staat om tydens sy beproewing te verklaar, “Almal het my verlaat...maar die Here het my bygestaan en my krag gegee” (2 Timótheüs 4:16-17).

Vir Johannes en Paulus, kon die lewe se omstandighede nie donkerder gewees het nie. Tog het elkeen van hierdie mans daarvan getuig dat hulle Jesus in hulle beproewing gesien het. Nou, dierbare Christen, het ek ‘n vraag vir jou: Sien jy Jesus in jou huidige omstandighede?

Jesus is met jou en jy kan met vrymoedigheid en gesag sê, “Christus staan my by. Hy gee my krag ten spyte van my omstandighede.”