JOU HARTSGEBROKE UITROEP

David Wilkerson (1931-2011)

Glo jy dat God bereid is om jou probleem gou op te los? Dit is wat baie Christene nie besef nie. Hulle weet God het alles wat hulle nodig het en hulle erken dat Hy omgee. Maar as Hy hulle geroep nie dadelik verhoor nie, dink hulle aan allerhande redes waarom Hy nie gewillig is om hulle te hulp te kom nie.

Op die berg Karmel, het Elia vrymoedig van sy God gepraat. En hy het die profete van Baäl getreiter deur hulle god van kinderverwaarlosing aan te kla: “En hulle...het die naam van Baäl van die môre tot die aand aangeroep en gesê: o, Baäl, gee ons antwoord. Maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie . . . En toe dit middag was, het Elia met hulle gespot en gesê: Roep hard; hy is mos ‘n god! Hy is seker in gepeins, of hy het hom seker afgesonder, of hy is seker op reis; miskien slaap hy of moet hy wakker word.

“En hulle het hard geroep en hulleself volgens hul gebruik . . . stukkend gekerwe tot die bloed op hulle uitgespuit het . . . maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie. En geen opgemerksaamheid nie” (1 Konings 18:26-29).

Hoor weer hierdie woorde: “Daar was geen stem en niemand wat antwoord nie. En geen opgemerksaamheid nie”

Wat Elia beskryf, is presies waarvan ons God beskuldig. Ons bid en roep hardop tot God, maar dan gaan ons op ons eie pad sonder om te glo dat Hy ons gehoor het. Ons verlaat die Here se teenwoordigheid – gaan weg van die binnekamer – terwyl ons wonder of Hy ons smekinge gehoor het.

Die Here is altyd gereed om ons hulpgeroep te hoor en te verhoor. Ek hou van wat Dawid van Hom sê: “Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep . . . In die dag van benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my” (Psalm 86:5,7).

Dit is al waarvoor God wag: jou hartsgebroke uitroep ‘n wat in kinderlike geloof uitgespreek word.