JOU GELOOF OPBOU

David Wilkerson (1931-2011)

Toe Dawid sy psalms gekomponeer het, het Dawid sy eie geloof gebou op die toenemende kennis van God se grootheid.

“Daar is niemand soos U onder die gode, Here, en daar is niks soos u werke nie...want U is groot en doen wonders, U alleen is God” (Psalm 86:8,10).

Volgens Dawid, verdwyn al ons vrese met die kennis van God se grootheid. Hy besing so baie dimensies van die grootheid van die Here om ons geloof op te bou.

“Want die Here is ‘n grote God, ja, ‘n groot Koning bo al die gode. In wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en die toppe van die berge is syne” (Psalm 95:3-4).

“Hy wat alleen groot wonders doen . . . Wat die hemele met verstand gemaak het . . . Wat die aarde op die water uitgespan het . . . Wat die groot ligte gemaak het . . . die son om te heers oor die dag . . . Die maan en die sterre om te heers oor die nag” (Psalm 136:4-9).

Sterrekundiges sê vir ons daar is nie net miljoene nie, maar biljoene melkweë in die heelal. Hulle is ontelbaar en ons God het elkeen geskep. Trouens, Hy ken elke ster en het hulle almal name gegee: “Hy bepaal die getal van die sterre; Hy gee hulle almal name” (Psalm 147:4).

Ons kan eenvoudig nie die talle wonders van ons God inneem nie. Sy grootheid is ver bokant ons begrip!