JOU DIENS IN DIE EWIGHEID

David Wilkerson

Ek wil ‘n spesiale woord bring aan diegene wat deur baie strome en vurige oonde van verdrukkinge gekom het. Ek glo dit is moontlik dat jou tyd van beproewing niks te doen het met tugtiging nie. Dit gaan liewer oor iets ewigs – iets wat te doen het met jou lewe in die nuwe wêreld wat kom.

Die stryd wat jy nou verduur gaan nie oor hierdie wêreld nie, nie oor die vlees nie, nie oor die duiwel nie. Die stryd wat jy beleef gaan  oor voorbereiding vir jou ewige diens in die hemel. Jy word voorberei vir diens aan die ander kant.

GODDELIKE VOORBEREIDING

Dink daaraan: Die presiese dag wat jy jou lewe aan God toegewy het om Hom te vertrou, het Hy geweet dat jou huidige beproewing sou kom. Hy het toe geweet dat jy Hom sal liefhê deur alles wat teen jou kom en dat jy ‘n oorwinnaar sou wees.

Ek is oortuig daarvan dat alles wat jy nou beleef op die Nuwe Jerusalem dui. Die apostel Johannes skryf oor die tye wat kom:

  • “En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien” (Openbaring 22:3).
  • “En nag sal daar nie wees nie...en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid” (Openbaring 22:5).
  • “En het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en sal as konings op die aarde heers” (Openbaring 5:10).

Al hierdie dinge praat van aktiwiteit. Dit stel voordat God besig is om ons voor te berei vir wat Hy aan ons in die nuwe wêreld wil toevertrou. Eenvoudig gestel, Hy het planne ver ons bokant ons begrip.

Paulus praat hiervan wanneer hy sê dat ons God voortdurend met alle blydskap sal dien:

“Saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus, sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus” (Efésiërs 2:6-7, kursief myne).