JESUS WIL OU PATRONE VERBREEK

Gary Wilkerson

Om vasgevang te wees in vrees, kan veroorsaak dat ons dit weerstaan om in geloof uit te stap. Maar Jesus het ‘n geneesmiddel vir jou vrees. By die Huttefees, het Hy opgestaan en verklaar, “Hierdie rivier van lewende water sal nie gekeer word nie. As iemand in My glo, sal hierdie water hom verkwik met lewe. Dit sal uit hom vloei soos ‘n rivier en die goedheid van die hemelse Vader demonstreer” (sien Johannes 7:37-38).

Wanneer ons vreesagtige harte verkwik word, is vrymoedigheid die een ding wat deur ons vloei: “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee” (Filippense 4:13). Menigtes Christene ken hierdie vers as ‘n kosbare belofte. Maar dit is meer as dit – dit is ‘n werklikheid. Byvoorbeeld, ons hoef nie vrymoedigheid bymekaar te skraap om van Jesus te getuig nie, omdat Hy dit verskaf. Hy veroorsaak in werklikheid dat ons daarvan oorloop.

Hierdie verandering gebeur op twee maniere: (1) omstandigheidsverkwikking en (2) weseverkwikking. Wanneer God ons omstandighede verkwik, verander Hy ou patrone. Kom ons kyk na twee algemene gebiede: finansies en huwelik. As jy in finansiële moeilikheid beland het, sal Hy jou moontlik vernuwe deur jou ongesonde, spandabelrige patrone te openbaar en jou oortuig om dit te verander. Hy sal jou moontlik lei om finansiële raad te soek wat jou kan help om daardie patrone te verander en ‘n wyse rentmeester te word.

Hy sal moontlik ou patrone in jou huwelik verbreek, patrone wat jou vasgevang hou in verharde, liefdelose maniere. Hoeveel paartjies sê vir mekaar, “Jy is altyd so,” of “Jy het dit vyf jaar gelede gedoen,” of “Jy sal nooit verander nie.” Die belangrikste vraag vir enige paartjie is, “Hoe kan ek die beste van my wederhelf glo en steeds ons kwessies realisties hanteer?” Dit begin met die herlaai. Baie min verhoudingsprobleme word oornag opgelos; die meeste vereis toegewyde genade elke dag.

Onthou, Jesus is gereed om ons te verkwik met oorvloedige genade elke keer as ons dit nodig het.