JESUS WERLIK HERE LAAT WEES

Gary Wilkerson

God wil hê jy moet groei in geloof en by ‘n plek kom van dinamiese, passievolle, geestelike volwassenheid. Hy weet egter dat volwassenheid nie kom deur eie pogings nie; slegs God kan jou hart verander op elke gebied en vir jou die groei gee wat jy nodig het.

“En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus. Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie, omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie? Want as die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos — is julle nie vleeslik nie? Wie is Paulus dan, en wie Apollos anders as dienaars deur wie julle gelowig geword het? En dit soos die Here aan elkeen gegee het. Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei” (1 Korinthiërs 3:1-6).

Paulus praat die waarheid as hy sê dat dit God is wat laat groei – maar as jy nie groei op ‘n sekere gebied nie, is dit God se skuld? Nee, dit is nie God se skuld nie! Miskien weerstaan jy die werk wat God in jou lewe doen. In hierdie brief aan die Korinthiese kerk, sê Paulus dat jaloersheid en twis die skuldiges is en veroorsaak dat die kerk baba’s bly in plaas daarvan om volwasse te word. Met ander woorde, hy praat met vleeslike Christene. Hulle het Jesus uitgenooi om in hulle lewens in te kom, maar hulle laat Hom nie Here van hulle lewens wees nie.

Wanneer jy Jesus as jou Verlosser en Here aanvaar, sal jou lewe aangeraak word – jy sal ‘n ander mens word. “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword” (2 Korinthiërs 5:17). Selfs dit wat nie nuut lyk nie, het nuut geword omdat Hy in proses is om jou te reinig, te verander en te transformeer!