JESUS STEL NOOIT TELEUR NIE

Gary Wilkerson

“Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld” (Johannes 17:24, my beklemtoning). Jesus het vir sy dissipels gebid – en dit sluit ons in. Hy het die Vader gevra dat ons sy heerlikheid mag sien, wat beteken dat ons Hom mag ken.   

Op sekere tye in die Ou Testament, het Jesus Homself geopenbaar in menslike of engele vorm, met verskillende resultate. Byvoorbeeld, Jakob se heup was gebreek toe hy met die Here probeer stoei het. En toe Moses vir God gesê het, “Laat my tog u heerlikheid sien” (Exodus 33:18), het die Here vir hom gesê, “Ek moet jou aangesig toemaak en jou agter ‘n rots wegsteek, en dan kan jy net die nagloed van my heerlikheid sien.” Met ander woorde, Hy moes Moses beskerm teen die volle openbaring van Homself.

In die Nuwe Testament, toe die apostel Johannes die Here se stem gehoor het en die Openbaring op die eiland Patmos ontvang het, het hy op sy aangesig neergeval. Die normale reaksie van manne en vroue wanneer hulle Jesus gesien het, was ontsag en verwondering. Ek wonder wat sal gebeur as ons Hom in al sy lieflikheid en heerlikheid sien soos Moses of Johannes.

Trouens, Jesus is lieflik in ‘n sin ver dieper as ons gewone gebruik van hierdie beskrywende woord. Ons maak ‘n aanmerking dat iemand lieflik of aantreklik is, maar Jesus is baie meer. Hy is glorieryk, wonderlik, afgesonder, uniek, besonders. Hy is ook teer, vriendelik, kosbaar, vol majesteit. Hy is merkwaardig, sterk, magtig, kragtig, wys, voortreflik. En Hy stel nooit teleur nie!

Selfs in sy menslike natuur, bly Jesus soewerein, een met God (sien Kolossense 2:10). Beskou sommige van sy lieflike eienskappe: vol geregtigheid (Johannes 8:16); volmaak regverdig (Johannes 8:46). En Hy is liefde (Johannes 13:34) – ‘n liefde wat onpeilbaar is.

Ons verdien glad nie hierdie liefde nie, maar dit is die wonder van ons wonderbare, onvergelykbare Saligmaker. Prys Hom vandag vir sy onuitspreeklike offer en geskenk van saligheid.