JESUS SE BELOFTE VIR DAAGLIKSE VOORSIENING

Carter Conlon

Jesus self het die belangrikheid van die Woord beklemtoon toe Hy vir ons ‘n spesifieke manier gegee het om te bid: “Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koningkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood” (Matthéüs 6:9-11). Let op hoe Hy dit beskryf as “ons daaglikse brood.” Daar is ‘n daaglikse voorsiening wat Jesus belowe om vir ons te gee.

Jesus sê dit op hierdie manier in die boek van Johannes: “Ek is die brood van die lewe. Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe. Dìt is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie.  Ek is die lewende woord wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee” (Johannes 6:48-51).

Jesus het in werklikheid gesê, “Ek is die brood! Ek is jou krag, Ek is jou visie, jou verlossing, jou vryheid. Ek is jou Beskermer en jou Leidsman. Alles wat jy nodig het in die lewe en in godsaligheid kan jy in My vind.”

Bybels gesproke, veronderstel ek ons kan sê jy is wat jy eet! As jy kies om op ‘n dieët van die Bybel te gaan, sal jy swak en uiteindelik baie verward word. Verkeerde gedagtes sal jou begin lei. Dan, in desperaatheid sal jy die televisie aanskakel en luister na stemme wat nie die waarheid praat nie. Hulle sal voor jou staan en in wese sê, “Kyk na my! Dit is hoe ‘n Christen se lewe lyk. Kom, volg my!”

As jy nie die woord van God lees nie – eet jy nie van hierdie Lewende Brood nie – en sal jy mislei word aan die einde van jou dae.

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.