JESUS ONS VEILIGHEID

David Wilkerson

‘n Paar maande na 9/11 het ‘n New York Stad koerant die volgende hoofberig gepubliseer: “STAD VAN BEWERASIES.” Die Departement van Binnelandse Veiligheid het gewaarsku dat ‘n beplande terroriste aanval ontdek is en dat die terreurwaarskuwing opgeskuif was na kode oranje.

VERBORGE VRESE

Dieselfde dag het ‘n New York Stad polisie offisier met my gepraat oor die onsekerheid en vrees binne die polisiemag en brandweerdienste. Hulle macho uiterlike het geheime vrese weggesteek, omdat die meeste van hulle vriende verloor het tydens die 9/11 aanvalle.

Selfs nou, jare later, elke keer wanneer sommige New Yorkers deur tonnels en oor brûe reis, hou hulle hul asems op en bid vir beskerming. ‘n Gestolde voertuig kan paniek veroorsaak. Die grootste vrees wat by hierdie stad spook, is ‘n tasbom, met kern- of kiemmoontlikhede. Talle mense begin klein gasmaskers dra. Die burgery blyk om te berus by die onafwendbare en glo dat ‘n aanval van groot afmetings uiteindelik sal tref. Niemand weet wanneer nie, maar die gedagte hang swaar oor die inwoners.

‘N BRON VAN HULP

Daar is egter geen vrees onder gelowiges nie. In plaas daarvan, sou ‘n aanval kom, wil ons beskikbaar wees om te help tydens ‘n krisistyd. Dit is hoe ons herk ons mense voorberei. Te midde van hierdie angswekkende tye, beweeg die Gees van God op ‘n wonderbare manier. Talle kom na Christus toe dwarsdeur New York Stad en daar is ‘n toenemende honger na God onder jongmense.

Mag dit die hartsgesindheid wees van al God se dienaars in hierdie dae van angs en vrees. Die Here het alle vrees van Sy mense af weggeneem, sodat hulle ‘n bron van hulp kan wees vir ‘n wêreld ten tye van moeilikheid.