JESUS IS NOOIT LAAT NIE

David Wilkerson

Goddelike geduld is ‘n gewilligheid om op God se tydsberekening te wag. Daar is iets soos Heilige Gees tydsberekening. “Nog net ‘n kort, kort tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie talm nie” (Hebreërs 10:37). Hierdie vers praat van meer as net Christus se Wederkoms; dit gaan ook oor Christus wat kom om jou behoefte te vervul.

Daar nie so ‘n ding soos God wat te laat is nie. Maria en Martha het gedink dat Jesus te laat was toe hulle broer, Lasarus, gesterf het. Hulle het vir Hom gesê, “Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterf het nie” (Johannes 11:21). Met ander woorde: “Jesus, U het te laat hier aangekom! U het die spertyd gemis.”

Verbeel jou hoe seergemaak Jesus oor hierdie verwyt moes gevoel het. Hy het hulle in wese geantwoord, “Nee, Ek is nie laat nie. Lasarus sal weer opstaan. Ek is hier, en Ek is die opstanding. Alle lewe is in My.”

Die huishouding van Jaïrus,’n owerste in die sinagoge, het ook gedink dat Jesus te laat was. Hulle het aan hierdie vername man gesê, “U dogter is dood. Waarom val u die Meester nog lastig?” (Markus 5:35).  Weereens was die boodskap, “Jesus was te laat. Dit is alles verby! Hy het nie betyds verhoor nie en Hy het ons teleurgestel.” Maar, soos ons weet, het Jesus die kind aan die hand geneem en haar uit die dode opgewek (5:1-42).

Te laat? Daar nie so iets by die Here nie. Jy kan in beide hierdie gevalle sien dat Jesus heeltemal betyds was! Jy mag versoek word om die stryd gewonne te gee en in wanhoop weg te sink, maar ons Vader is so vol liefde vir Sy kinders, dat Hy nie gekeer kan word om iets uit niks te maak nie.