JESUS HET SY FOKUS BEHOU

Gary Wilkerson

As volgelinge van Christus, moet ons versigtig wees om nie te val vir ‘n gunsteling strik van Satan nie: dit is om verstrengel te raak in die plofbare kulturele en politiese ingesteldheid wat aan die orde van die dag is in ons wêreld. Soos Satan die wêreld woedend maak vir Christene, probeer hy ons kwaad maak sodat ons vergelding soek. Met ander woorde, hy wil ons diepe vrede in Jesus vervang met stryery, sodat ons die aanslae van verdrukking teëstaan eerder as om dit te verdra ter wille van die evangelie.

Die kerk is nie betrokke in ‘n skaakwedstryd met die sekulêre wêreld om skaakstukke strategies rond te skuif met een doel in gedagte: om die kulturele oorlog te wen nie. Maar as ons nie versigtig is nie, kan ons vasgevang word in die “spel” en gedreineer word van al die sout en lig wat Christus vir ons gegee het om Sy doelwitte hier op aarde te bereik.

Hierdie kulturele oorlog is niks nuut nie. Dink aan die afgryslike volksmoord wat plaasgevind het in Israel toe Jesus gebore is. “’n Stem is in Rama gehoor: rouklag en geween en groot gekerm” (Matthéüs 2:18). Jesus het grootgeword in ‘n kultuur waar daar geen seuns van sy ouderdom was nie, omdat hulle almal vermoor was. Hy kon grootgeword het met wraak in sy gedagtes en gedink het, “Herodes sal betaal vir wat hy gedoen het aan al my Joodse broers. Eendag sal Ek hom verslaan!”

In teendeel, toe Jesus ‘n jongman van dertig was, het Hy begin om goeie nuus te verkondig, die siekes gesond te maak, wonderwerke te verrig, en selfs die dooies op te wek. Kortliks, Hy het Hom besig gehou met sy Vader se werk. Hy het sy fokus behou! Selfs toe die Fariseërs vir Hom gesê het dat Herodus Antipas Hom wou doodmaak (sien Lukas 13:31), het Hy vir hulle gesê om die koning te laat weet dat Hy sou voortgaan waarmee Hy besig was. Hy het geweet Herodus was ‘n bedreiging, maar Hy sou nie toelaat dat sy aandag afgelei word deur met hom te stry nie, want Hy was van plan om sy doel te volbring om elke gevangene vry te maak!