JESUS HET DIE OORWINNING BEHAAL!

Gary Wilkerson

"Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe – wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam – wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? ... Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word" (Matthéüs 6:25 en 33).

Baie van ons leef byna in ‘n droomwêreld van voorgee. Ons glo dat ons vrygemaak is. Ons is gewas, verlos en heilig gemaak — rein, skoon, gewas — en leef ‘n regverdige lewe vir God. Ten minste is dit wat ons dink iewers in die skaduland van ons begrip en verstand.

Maar in werklikheid, het jy vertwyfelinge wat jou laat wonder, "Is ek regtig vrygemaak?" Jy mag areas hê waarmee jy sukkel en as gevolg van hierdie vraag in jou gedagtes, jy bid daagliks, "Here, maak my vry! Verlos my van slawerny, van die mag van sonde, van hierdie slegte gewoontes en verslawings. Maak my asseblief vry!”

Met blydskap kan ek vir jou vertel dat die manier waarop jý jou lewe sien en die manier waarop die Vader jou sien heeltemal verskil. Jy pleit, “Here, verander my!” terwyl jy reeds verander is omdat jy Jesus Christus ontmoet het en gewas is deur die bloed van die Lam. Toe jy gereinig was deur sy kosbare bloed, was jy vrygemaak en nou is jy ‘n nuwe skepsel. Jy hoef nie na die altaar te kom en te smeek en te pleit met wanhoop of met skuldgevoelens nie.

Wanneer Jesus praat van “soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid,” verseker Hy ons dat Hy die oorwinning vir ons behaal het! Daar is geen angs, geen vrees en geen veroordeling nie, omdat Hy nooit verander nie. So wanneer jy na die altaar kom, kom om te aanbid en om Hom te prys vir sy liefde en genade, want jy is verlos.