JESUS HET BARMHARTIGHEID GEDEMONSTREER

David Wilkerson

Die eerste koste van barmhartigheid vir Jesus was Sy hemelse posisie. Barmhartigheid het Hom gedring om aarde toe te kom om mens te word en uiteindelik, het die barmhartigheid wat Hy aan die wêreld gebied het Hom Sy lewe gekos. Jesus se voorbeeld van barmhartigheid is 'n model vir almal wat Hom sou volg. Hy sê wesenlik vir ons, “Laat My lewe vir jou die koste van barmhartigheid aantoon — algehele verwerping deur hierdie wêreld.”

Die apostel Paulus het dieselfde hoë prys betaal om God se barmhartigheid uit te leef as wat Jesus op aarde betaal het en waaroor Hy ons gewaarsku het:

“Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: 'n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg” (Johannes 15:20).

Paulus het van hierdie waarheid getuig:

“En swoeg ons deur met ons eie hande te werk. Word ons uitgeskel, ons seën; word ons vervolg, ons verdra dit; word ons belaster, ons troos; soos die uitvaagsels van die wêreld het ons geword, die afskraapsel van almal tot nou toe” (1 Korinthiërs 4:12–13).

'N MOEILIKE WAARHEID

Wat moet ons besef oor hierdie verwerping? Jesus antwoord ons: “Wees bly in daardie dag en spring op, want kyk, julle loon is groot in die hemel” (Lukas 6:23).

Dit is 'n moeilike waarheid om te aanvaar. Hoe kan ons juig en bly wees as ons fel vervolging verduur? Geliefde, dit is alles deel van die hoë prys van barmhartigheid. Soos dit was met Paulus, wat as vuilgoed beskou is, so is dit vir Christus se Liggaam, die Kerk. Daar is 'n prys wat ons almal moet betaal wanneer ons Jesus en Sy genade verkondig.