JESUS HEERS REEDS AS KONING!

David Wilkerson (1931-2011)

Koning Nebukadnésar het ‘n goue standbeeld opgerig in Babel en daarop aangedring dat dit aanbid word. Elke amptenaar, leier en burger in Babel se eenhonderd-plus provinsies moes neerval voor hierdie god of doodgemaak word – lewend gebraai in groot oonde. Drie toegewyde jong Jode in die koninkryk het geweier om te buig en die woedende koning het hulle in die vuuroond laat gooi. Maar toe het die Here neergedaal en sy diensknegte verlos – en die koning het uitgeroep, “Geloofd sy die God van Sadrag, Mesag en Abednégo, wat sy engel gestuur en sy knegte verlos het wat hulle op Hom verlaat het en die bevel van die koning oortree het, en wat hulle liggame oorgegee het om geen ander god te dien of te aanbid nie, behalwe hulle God” (Daniël 3:28).

Islam is ‘n godsdiens wat die hele wêreld bedreig met die aandrang om sy god, Allah, te aanbid. Dit is ‘n soort Babel, met terroriste organisasies wat eis, “Buig voor Allah, of ons sal julle vliegtuie opblaas, julle dorpe, treine, busse en tonnels bombardeer. Ons sal julle ontvoer, martel en onthoof. Allah sal die wêreld beheer en Islam sal heers.”

Daar is ‘n toenemende toorn en woede in die harte van goddelose mense teen die Naam Jesus. Ons weet dat Jesus se Naam nog altyd gehaat was deur goddelose manne, maar nou het daardie haat verander in ‘n demoniese woede. Trouens, sy Naam word stadig en subtiel uit die samelewing uitgewis deur wetlike mandate in lande oral op die aarde.

Daar is ‘n toenemde sataniese toorn teen elke toegewyde volgeling van Christus. As jy nader kom aan die Here, dan beleef jy die volle toorn van ‘n woedende duiwel. Ons grootste wapen om sataniese vestings neer te werp, is die Woord van Almagtige God. Ons moenie bekommerd wees oor die oorloë wat Satan lyk of hy wen nie. Die stryd waarin ons is, is ‘n ewige een en die poorte van die hel sal nie Christus se kerk oorwin nie. Ons Vader het dit gesê: Jesus heers reeds as Koning!