JESUS BID VIR ONS

David Wilkerson (1931-2011)

By Pinkster, het Jesus na die dapper dissipel Petrus gedraai en aan hom geopenbaar, “Petrus, Satan het gevra dat Ek jou aan hom oorgee dat hy jou lewe kan skud.”

“En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk. En hy het vir Hom gesê: Here, ek is gereed om saam met U selfs in die gevangenis en in die dood te gaan. Maar Hy antwoord: Ek sê vir jou, Petrus, die haan sal vannag nie kraai voordat jy drie maal geloën het dat jy My ken nie” (Lukas 22:31-34).

Petrus het voor die ander dissipels daarin geroem dat hy ‘n onfeilbare geloof gehad het, “Here, ek sal nooit in U twyfel nie. Ek sal eerste sterf.” Satan was op die punt om ‘n bonatuurlike aanval op Petrus se geloof te orkestreer. Om te sif, beteken om “hard te skud.” Eenvoudig gestel, die duiwel wou die fondamente van Petrus se geloof toets op die ergste denkbare manier.

Petrus het sy geloof in Jesus se goddelikheid verklaar deur te sê, “U is die Christus, die Seun van die lewende God” (Matthéüs 16:16), so sy geloof was eg – wat die einste rede was waarom die duiwel agter hom aangegaan het. Wanneer ons in die middel van ‘n beproewing is, is dit moeilik om te sien dat ons in die vuur is as gevolg van ons wandel met Jesus. Maar Petrus was op die punt om ‘n pilaar van God se kerk te word, en te begin om die evangelie in die wêreld in te neem tydens Pinkster, en jy kan seker wees Satan sou dit nie laat gebeur sonder ‘n geveg nie.

Jesus het geweet dat die sataniese aanslag wat teen Petrus sou kom, gerig was op sy geloof, daarom het hy sy dissipel voorberei deur vir hom te sê, “Ek het vir jou gebid.” Dink daaraan – Jesus bid vir jou! Maar baie van ons het tye van sifting beleef, maar min kan begryp dat Satan se aanvalle so erg is dat ons versoek sou word om Jesus te verloën. Wat ‘n vertroosting om te weet dat selfs indien ons ‘n tyd beleef waarin ons van ons geloof afwyk, bid Jesus vir ons, en maak ons weer sterk sodat ons, op ons beurt, teenoor ander kan getuig.