JAKKALSE IN DIE WINGERD

Carter Conlon

Die meeste stem saam dat die Hooglied van Salomo ‘n voorstelling is van Christus en Sy Bruid. In hierdie boek vind ons ‘n belangrike vers, ‘n versoek aan die Bruidegom wat kom van diegene wat Hom ken: “Vang julle vir ons die jakkalse, die klein jakkalse wat die wingerde verniel, want ons wingerde staan in die bloei” (Hooglied van Salomo 2:15).

Wanneer jy die grootte van ‘n wingerd beskou, lyk ‘n jakkals heel nietig. Nieteenstaande, ‘n klein jakkalsie het die potensiaal om die druiwe op te eet en die prag van ‘n bloeiende wingerd skade te doen. Op dieselfde manier, mag jy jouself in ‘n vrugbare seisoen bevind – ‘n tyd wanneer dinge waarvoor ons gebid en geglo het waar word. Tog moet ons luister, want dikwels is daar klein dingetjies in ons lewens wat, as ons nie daaraan aandag gee nie, dit ons getuienis grootliks kan skade doen. Ons sien ‘n voorbeeld hiervan in die boek Matthéüs.  

“En toe hulle in Kapérnaüm kom, het die wat die tempelbelasting ontvang, na Petrus gegaan en gesê: Betaal julle meester nie tempelbelasting nie? Hy antwoord: Ja” (Matthéüs 17:24-25). Tot op hierdie punt, het amper alles in Petrus se wandel met Jesus goed gegaan. Dit was ‘n vrugbare seisoen! Jesus het egter geweet van klein dingetjies in Petrus se lewe waarmee afgereken moes word, anders sou sy vrugbaarheid skade ly.

Toe Petrus deur die ontvangers genader is vir die tempelbelasting, het hy gelieg! Nie hy of Jesus het in werklikheid die tempelbelasting betaal nie. Later het Jesus vir Petrus verduidelik dat hulle nie nodig gehad het om daardie belasting te betaal nie (sien Matthéüs 17:25-26). “Slegs vreemdelinge betaal belasting. Ons is die seuns van die Een aan wie die tempel behoort! Daarom is daar geen boete vir ons nie.”

Dit is ‘n tipe van ek en jy wanneer ons besef dat ons sondes bedek is. Omdat ons na Christus gekom het, is ons vergewe. Al ons mislukkings en tekortkominge was ten volle bedek deur die offer van Jesus op Golgota.

 

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.