HY VRA ONS NET OM TE VOLG

Nicky Cruz

Daar is niks so opwindend as om elke dag saam met die Heilige Gees te lewe nie. Om te beweeg en asem te haal in die krag van God. Om te luister vir die stem wat na jou gees kom en te gehoorsaam wat ook al Hy wil hê jy moet doen. Gaan waar Hy ook al vir jou sê om te gaan. Bedien wie ook al Hy op jou pad plaas. Drink uit die put van sy wysheid soos Hy dit in jou hart en verstand meedeel.

“Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe” (Johannes 6:63).

Ek probeer om nooit die Heilige Gees se weë te bevraagteken, nooit sy insig in twyfel te trek, nooit te huiwer om Hom te laat lei nie. So baie mense probeer die Heilige Gees leer oor wat Hy behoort te doen, maar God se Gees gee nie aan jou of my rekenskap of vra ons wat ons dink van sy weë nie. Hy vra ons slegs om te volg.

Die kragtigste en mees effektiewe gebed wat enigeen van ons kan bid, is om te sê, “Jesus, ek stel myself beskikbaar vir die werking van u Heilige Gees. Ek het geen planne van my eie, geen agenda, geen doelwitte van my eie keuse, geen begeerte wat in my gees geplaas is behalwe u s’n nie. Ek verwerp Satan se houvas op my lewe en die sondes wat my verslaaf. Wys vir my waarheen U wil hê ek moet gaan, wat U wil hê ek moet doen, wat U wil hê ek moet sê. Ek gaan nie meer u werk in my lewe beperk nie. Neem my! Vorm my! Gebruik my! Lei my! Maak my ‘n werktuig van u Gees!”

In plaas daarvan om jou lewe deur te bring om te bid vir seëninge, bid dat God jou sal gebruik om ander te seën. In plaas van te strewe om gemaklik, ryk en goed gevoed te wees, bid at God jou sal gebruik om ander te help om troos en skuiling en kos te kry. In plaas van wonderwerke, laat God jou lewe verander in ‘n lewende, asemhalende wonderwerk van sy wil.

Dit is hoe jy ‘n ware impak op die wêreld maak vir Christus en ‘n blywende nalatenskap agterlaat.

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run