HY SORG VIR JOU

David Wilkerson

Die Here sê vir die rykes en die armes, “Moenie bekommerd wees oor jou wêreldse besittings nie. Gee vir My kwaliteit tyd en vertrou My. Ek gaan sorg vir al jou toekomstige behoeftes en voorsien in al die noodsaaklikhede wat jy nodig het.

Dit is die een les wat elke gelowige moet leer en toepas.

Op hierdie oomblik, beweeg dinge so vinnig dat niemand daarmee kan tred hou nie. Geweld is oral rondom ons en morele grense is afgebreek. Die implikasies van huidige gebeurtenisse is te diep en te kompleks om te peil.

LIG IN DIE DUISTERNIS

Ons geloof is hierin geanker: Ons hemelse Vader weet van ons – Hy weet presies wat ons nodig het en wanneer ons dit nodig het – en die feit dat dit Hy weet, is genoeg bewys dat ons onder Sy sorg is. Hy behaag Hom in ons en ons is styf teen sy boesem vasgedruk, veilig en wel.

Daniël het van die Here gesê:

“Hy weet wat in die duister is, en die lig woon by Hom” (Daniël 2:22).

God weet alles van die duister dae wat kom en Hy weet dat selfs hierdie duisternis nie Sy aangesig vir ons kan verberg nie.

VERTROU OP SY GROOT LIEFDE

Ons duidelike pad deur moeilike tye sal inderdaad slegs gevind word deur op die Here te vertrou. Hy roep ons vandag om ‘n eenvoudige, kinderlike vertroue in Sy getrouheid te hê.

Laat ons ons oë op Jesus hou! Laat ons vertrou op Sy groot liefde en sorg vir ons. “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle” (1 Petrus 5:7).