HY SAL JOU VYANDE UITMEKAARJAAG

David Wilkerson

Hier is ‘n teksvers in die oorspronklike Hebreeus vir Psalm 119: “Wanneer listige vervolgers wat ver van u wet af bly, nader kom; dan is U, o Jehova, naby met al U getroue gebooie” (Psalm 119:150-151, vry vertaal volgens Helen Spurrell se oorspronklike Hebreeuse teks).

Demoniese owerhede en magte het Dawid omring en probeer om hom en Israel te ruïneer. Hierdie man van God het egter getuig dat terwyl die vyand nadergekom het, het hy die Here vertrou om selfs nóg nader te kom.

Hier in Dawid getuienis, is ‘n wonderlike belofte vir jou en my. Ons kan daarvan seker wees Satan is daarop uit om almal wat die Here liefhet te vernietig, te teister en neer te werp. Hy sal alles binne sy vermoë doen om ons in ‘n put van wanhoop, verwarring, skuld en veroordeling in te gooi.

Het jy enige sataniese, “listige vervolgers” wat huidiglik teen jou kom? Oorweldigende versoeking? Finansiële laste? Huweliks- of familieprobleme? Wanneer jou vervolgers naby jou kom met lis om jou te vernietig, hou moed, omdat die Here God Almagtige selfs nóg nader is. Hy is aan jou sy – en as Hy naby jou is, sal Hy om jou onthalwe optree.

 “God staan op, sy vyande raak verstrooid, en sy haters vlug voor sy aangesig weg! Soos rook verdryf word, verdryf U hulle; soos was smelt voor die vuur, vergaan die goddelose voor die aangesig van God. Maar die regverdiges is bly, hulle juig voor die aangesig van God, en hulle is vrolik met blydskap. Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam, vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry: HERE is Sy Naam; en jubel voor sy aangesig!” (Psalm 68:2-5).

Besef wat God belowe het om vir ons te doen, as ons ons vertroue in Hom sal stel! Wanneer ons vir Hom ons bekommernisse gee, sal God sal ons vyande laat vlug.