HY IS ONS LOFPRYSING WAARDIG

Gary Wilkerson

Teoloë gebruik ‘n vreemde woord om Jesus te beskryf en sê Hy is “onfeilbaar.” Om “feilbaar” te wees is om te faal, om te sondig, om verkeerd te wees, om te sukkel, om die idee oor te dra dat iets in jou geïrriteerd kan wees. Maar selfs in Sy menslike natuur, het Jesus se goddelike natuur dit alles gekanselleer. Daar was geen wellus in Sy oë en geen trots in Sy hart nie. Dit is opsigself heerlik. En selfs in sy menslike natuur, het Hy soewerein gebly, een met God (Matthéüs 18:18; Kolossense 2:10).

Beskou nou hierdie lieflike kenmerke: Hy is volkome regverdig (Johannes 8:46) en vol geregtigheid (Johannes 8:16). Hy is beide regverdig en ons regverdigmaker (Romeine 3:26). Met ander woorde, Hy vind ‘n manier om sy geregtigheid te behou, terwyl Hy ons vryspreek van ons onregverdige dade.

Hy is ewig en bestaan vir altyd (1 Timótheüs 1:17). Hy is ons lofprysing waardig tot in ewigheid. En Hy is liefde (Johannes 13:34) – ‘n liefde wat onpeilbaar is! Hy is alvermoënd – almagtig, met geen gebrek aan mag nie. Sy hande word nie gebind deur die duiwel of deur ons vrye wil nie; Hy het mag oor enige situasie te enige tyd. Hy is alomteenwoordig – oral te alle tye. En Hy is alwetend en ken die begin en die einde selfs voor die einde aanbreek.

Dit alles is ‘n klap in die gesig van ‘n valse lering deesdae, genaamd oop teologie. Hierdie lering beweer dat God een ding in die geskiedenis doen en ons ‘n ander ding doen – dat Hy reageer op dit wat ons doen en verstellings maak. Nee, nooit! Toe Jesus gekruisig was, het God nie passief toegekyk en gesê, “O, Ek beter iets doen om dit te verlos” nie. Hy het Offerlam in gedagte gehad lank voor die Skepping. Hy besit alle gesag en Hy heers met volmaakte oordeel. Die somtotaal is, Hy is lieflik – die begeerte van alle nasies!

Jy mag dink jy verstaan sekere dinge oor Jesus, soos die teologie oor Sy Wederkoms en die eindtye-teologie. Jy mag hierdie onderwerpe van bo tot onder ken, van pre-milleniaal tot post-tribulasie en dit is goed. Maar jy sal nooit in staat wees om Jesus se skoonheid ten volle te begryp nie – Sy geregtigheid, Sy liefde, Sy regverdigheid, Sy soewereiniteit, Sy ewige natuur.