HY HET GAWES GEGEE

Gary Wilkerson

“Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee” (Efesiërs 4:8).

Dink daaraan! Toe ons ons lewens onderwerp het aan Jesus en aan die werk wat Hy vir ons aan die kruis gedoen het, het Hy vir ons gawes gegee – vir elkeen van ons. So, dit wat ons by die kruis ontvang het, is nie net vergifnis, of ons geregtigheid, of ons aanvaarding in die familie van God nie. Hierdie gawes van Jesus aan Sy kerk, is bemagtigende gawes – wonderlik en kragtig.

1 Korinthiërs 12:7 praat van die verskillende openbaringe van die Gees:

“Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.”

Is dit nie ‘n goeie vers nie? Dit sê, “Aan elkeen.” Hy het vir jou persoonlik die krag gegee om in die gawes te funksioneer.

GAWES WAT VRUG DRA

Daar gaan ‘n groter openbaring van die Heilige Gees wees vir “wat nuttig is.” Dit beteken dat hierdie bemagtigende gawes gegee was, sodat elkeen wat in kontak met jou sal kom, uit die gawes in jou lewe voordeel sal trek.

Efesiërs 4:8 sê, “Hy...het...gegee” waar daar van gawes gepraat word, so dit is verlede tyd. Jy moet die gawe wat Hy in jou geplaas het, aanwend. Jy mag dalk nie weet wat dit is nie, maar Hy sal dit aan jou openbaar. Hierdie krag sal kom op ‘n groter wyse in jou lewe en Hy sal dit ontwikkel en veroorsaak dat dit in jou toeneem.