HY IS GETROU OM TE VERLOS

David Wilkerson

Op een geleentheid het Paulus gepreek in Éfese, ‘n stad wat die godin Diana aanbid het. Die silwersmede in Éfese het fortuine gemaak deur replika beeldjies van die godin te verkoop. Maar toe Paulus op die toneel kom, het hy verkondig, “Julle god is vals. Daar is net een ware God. En sy Seun het geleef en gesterf sodat diegene wat dood is deur sonde, mag lewe.”

Woedend het die silwerhandelaars besef dat hulle lewensonderhoud in gedrang was. Daarom het hulle ‘n bende aangehits om Paulus te vang, vasbeslote om hom dood te maak (sien Handelinge 19:24-31).

Paulus was oortuig dat hy sou sterf, maar selfs op die randjie van die dood, het hy bely, “Ons [het] dit bo ons krag uitermate swaar gehad het, sodat ons selfs aan ons lewe gewanhoop het” (2 Korinthiërs 1:9, my kursief). Hy het ‘n verduideliking bygevoeg, “Ja ons het by onsself die doodvonnis oor ons gehad, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dode opwek” (1:9, my kursief).

Sê vir my, het jy dit al so swaar gehad soos Paulus, ver bokant jou eie krag?  Was al jou oorblywende krag so uitgemergel dat jy selfs aan die lewe gewanhoop het? Toe Paulus gesê het, “ Ek aan my lewe gewanhoop,” het hy bedoel dat hy ‘n doodvonnis oor hom gehad het: “Ons het al self by onsself die doodvonnis oor ons gehad.”

Maar God het op die toneel verskyn en hom verlos. Nadat hy die wonderwerk beleef het, het Paulus aan die gemeente in Éfese geskryf: “Ek is uit die dood opgewek. Die Here het my uit die graf gehaal. Ek het hel in die gesig gestaar, maar God het my opgewek!”

Paulus het in wese getuig, “Die Here het my van ‘n groot dood verlos – Hy hou aan om my te verlos – en Hy sal getrou wees om my in die toekoms te verlos.”