HY DRA SY KINDERS DEUR

David Wilkerson

Liedere van oorwining wat na die oorwinning gesing word, is nie ware gesange van geloof nie. Waarom nie? Want ons vertwyfelinge word nie ‘n doodskoot gegee wanneer ons oorwinning beleef nie. Jy sien, wanneer ons ‘n oorwinnende verlossing beleef, dan het ons ‘n tydelike opwelling van danksegging. Ons is van nature bly, omdat God om ons onthalwe barmhartig opgetree het, ten spyte van ons bedenkinge? Wat gebeur egter met ons vertwyfelinge? Dit sink net dieper in ons harte in.

Dierbare heilige, God het jou in werklikheid in jou huidige situasie ingelei het. Jy mag moontlik omring word deur hindernisse van oral af, met ‘n vyand wat lyk of hy nader kom. En soos Moses, mag jy dalk sê, “Here, U het my getrou gelei my lewe lank. Maar ek verstaan nie waardeur ek nou gaan nie. Die toekoms lyk so donker.”

Tans leef ons in ‘n tyd van verwarring en pandemonium wat die wêreld nog nooit voorheen beleef het nie. En Satan gebruik hierdie vrees om talle te teister. Te midde van hierdie tyd, roep die Here sy mense en sê, “Hoe gaan jy hierdie dinge hanteer? Gaan jy My beloftes glo, ten spyte van al die ander dinge wat rondom jou aangaan? Sal jy My vertrou ten spyte van jou diepste vrese?”

Om dit te doen, moet ons ons gedagtes op die Here vestig. “U sal ‘n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U” (Jesaja 26:3). Ons wil moet hierby betrokke wees. Dit maak nie saak hoe ongelooflik donker ons situasie word nie, iets van geloof moet in ons opstaan en sê, “Nee, duiwel. Nee, wêreld. Ek sál vertrou op die Een wat my nog altyd getrou verlos het.”

Dit is dán wanneer volmaakte vrede kom. Dit word voorsien deur die Here self wat bly is oor ons vertroue in Hom. Dan, wanneer chaos orals heers, sal ons lewens spreek van die kragtige boodskap van Sy blydskap. Hy het ons ‘n lied gegee om vir die wêreld te sing: “Die Here is getrou. Hy dra sy mense deur!”