HY IS ‘N BELONDER

David Wilkerson

“En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek” (Hebreërs 11:6).

Ons almal begeer om God se beloftes op te eis, nie net vir ons eie vertroosting en seën nie, maar sodat ons Hom kan behaag. Ons wil ‘n geloof hê wat aan God eer bring, maar daar is tye wanneer baie van ons sukkel om geloof te begryp.

As gevolg hiervan, word ons dikwels bekommerd wanneer ons gebede nie beantwoord word nie en begin om ons geloof te bevraagteken en wonder, “Is dit my vertroue op die Here wat te swak is? Is ek traag om te glo? Waarom is die hemele geslote vir my gebede? Het ek op ‘n manier getwyfel? Is ek nie ywerig genoeg nie? Is daar êrens ‘n bose wortel van ongeloof in my hart?

Ons probeer altyd so hard om te glo, so hard om die Here te behaag met ‘n behoorlike soort geloof, dat ons ons eie geloof met oordeel dwarsboom. Nou na baie dekades van diens aan God, wil ek vir jou vertel wat behoorlike geloof vir my geword het:

  • Dit beteken om aan God se beloftes vas te hou wanneer daar geen fisiese bewyse is dat sy beloftes vervul word nie.
  • Dit beteken om die Heilige Gees te vertrou om my siel gerus te stel met die oortuiging dat God alles vir my beswil doen.
  • Dit beteken om te rus in hierdie verklaring van Paulus: “En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is” (Romeine 8:28).