HOU NET ‘N KLEIN BIETJIE LANGER UIT

Gary Wilkerson

Was jy al ooit op ‘n lang reis op die pad en nadat jy honderde myle ver gery het, sien jy ‘n bordjie wat sê jou bestemming is slegs dertig myl ver weg? ‘n Mens sou dink daardie laaste paar myl sou vining verbygaan, maar dit voel asof dit net verbykruip. Die laaste deel van ‘n reis kan die moeilikste wees. 

Dieselfde kan gesê word vir ons geloof tydens moeilike omstandighede. My vader het eenkeer vir my gesê, “Seun, wanneer jy voel of jou lewe ontspoor het en jy hoor God nie meer nie, hou uit! Daardie laaste deel is die moeilikste.”

“Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry” (Hebreërs 10:36).

Ek wil jou bemoedig om net ‘n klein bietjie langer uit te hou. Ek weet jy mag voel asof jou droom nooit ‘n realiteit sal word nie en jy wil moed verloor. Maar God sê vir jou, “Hou net nog vir ‘n klein bietjie langer uit, geliefde. Jou oorwinning is om die draai.”

Ek het al soveel mense ontmoet wat ‘n lewe van middelmatigheid leef omdat God se beloftes aan hulle stadig gematerialiseer het. As hulle net ‘n klein bietjie langer uitgehou het, sou die vervulling waarvoor hulle gewag het, gerealiseer het. Maar hulle het hulle geloof laat vaar, moed verloor en afstand gedoen van hulle droom en doel. En deur dit te doen, het hulle ‘n lewe begin leef van stille wanhoop, omdat hulle God nie langer regtig vertrou het nie.

Wanneer ons God nie meer vertrou vir groot dinge nie, tree ons op in ons eie krag — geheel en al sónder Sy krag. So, hou net uit vir nog ‘n klein bietjie langer, omdat “nadat jy die wil van God gedoen het, jy die belofte sal verkry.”