HOU JOU OË OP GOD SE GROOTHEID

David Wilkerson (1931-2011)

Die voormalige ruimtereisiger Charlie Duke het eenkeer vertel van hoe dit was om in ‘n klein ruimtetuig 28,000 myl van die aarde af te wees teen hoë spoed op pad na die maan. Toe die bemanning die tuig na die een kant toe gedraai het, het iemand uitgeroep, “Kyk na daardie asemrowende gesig!” Hulle het almal gekyk en die planeet Aarde wonderbaarlik gesien hang in swart ruimte – ‘n groot, helder bal, ondersteun deur niks nie. Die hele bemanning was oorweldig deur die gesig; hulle het geweet dat net ‘n almagtige Skepper God so iets kon maak.

God het hierdie verwysing na sy skepping pragtig gebruik toe Hy Job uit sy droefheid gehaal het. “Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het…Waar is sy fondamentklippe op ingesink? Of wie het sy hoeksteen gelê?” (Job 38:4, 6). Hy het in wese gevra, “Wat hou die aarde in die ruimte?” En Hy het verder gegaan, “Wie het die see beperk tot sy grense? Wie sê vir die magtige oseaan, ‘Kom tot hier, maar nie verder nie?’ Wat keer die golwe om die land te oorstroom? En waar is die fontein waaruit die see vloei?

“Hoe word die lig van die duisternis geskei? Hoe word die wind verdeel en versprei? Hoe word die reën gebore? Kan ‘n man weerlig, donder en wolke maak? Wie het wildheid en makheid in die natuur van diere geplaas? Wie dink jy het al hierdie magte van die natuur in werking gestel, Job?”

God het Job letterlik deur ‘n “magskursus” geneem en sy skepping geopenbaar. Deur dit alles, was vir Job gesê, “Jy beskuldig My van verwaarlosing en jy twyfel aan my krag om jou te verlos, maar Ek het egter vir jou gewys hoe Ek vir my groot skepping sorg” (lees dit in Job 38 en 39).

Job was uiteindelik oorweldig en toe hy weer na sy probleme gekyk het, het hy gesê, “Ek was so dwaas. Ek het my oë op die verkeerde dinge gehad. Ek het op my pyn gekonstentreer toe ek na U en u grootheid moes gekyk het. Ek weet U kan alles kan doen en ek weet ook dat geen gedagte van U weerhou kan word nie” (sien 42:2).

As jy jou oë op God en sy grootheid hou, kan vrees en twyfel nie ‘n vashouplek op jou hart kry nie.