HOOR JY HOM KLOP AAN DIE DEUR?

Claude Houde

Jesus het die kerk in Laodicea, wat die Kerk van die eindtye verteenwoordig, gekonfronteer. Hy het haar hierdie waarskuwing gegee wat uitreik deur die eeue heen om met jou en my te spreek vandag: “As julle julle nie bekeer nie, sal Ek julle uit My mond spuug” (sien Openbaring 3:16). Watter ontsaglike woorde!

Wat is die misdaad, die ondenkbare sonde wat gepleeg is deur die hedendaagse Kerk? Luister na die woorde van die Een wat, bo alles, ons geloof, vertroue en oorgawe soek: “Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie . . . Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou. Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My” (Openbaring 3:15, 19-20).

Hierdie Skrifgedeelte, wat so dikwels aangehaal word, spreek ‘n verlore wêreld aan wat nodig het om “Jesus te laat ingaan.” Liewer, dit is ‘n direkte en plegtige oproep aan hedendaagse gelowiges wat lui op die bed van onverskilligheid lê, heel gelukkig met hulleself en die deel wat hulle het.

Hierdie geslag is diabolies verblind vir die geestelike openbaring, dat sonder ‘n brandende geloof, dit onmoontlik is om Hom te behaag. Jesus staan letterlik en dramaties buite die deur van ‘n self-genoegsame Kerk wat vertrou op metodes, strategië en “nuutste” paradigmaskuiwe en taktiek geleen uit die sekulêre mark. Hy roep uit, “Laat my inkom! Bekeer julle! Draai weg van hierdie stukkende bakke wat geen lewende water bied nie! Ek roep ‘n volk wat in geloof sal wandel, wie se vertroue alleenlik van My beloftes sal afhang. Ek verlang na ‘n volk wie se geloof hulle sal toelaat om die onsigbare te sien, die ongelooflike te glo, en die onmoontlike te ontvang!”

 

Claude Houde is die hoofpastoor van Eglise Nouvelle Vie (Nuwe Lewe Kerk) te Montreal, Kanada. Onder sy leierskap het Nuwe Lewe Kerk gegroei van ‘n handjievol mense na meer as 3500 in ‘n deel van Kanada met min suksesvolle Protestante kerke.