HOOGSTE GUNS

Gary Wilkerson

“As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie” (Exodus 33:15).

Moses het iets van God geweet wat sy seëninge en selfs sy bonatuurlike dade oortref het. Hy het geweet dat bokant God se onbeperkte guns, sy hoogste guns is. Hierdie soort guns word nie gevind in die dinge wat God doen nie, maar slegs in Wie Hy is.

‘N HEMEL SONDER GOD SE TEENWOORDIGHEID

 ‘n Bekende Christelike skrywer het ‘n hierdie vraag gevra, “Wat as die hemel ‘n plek was waar jy alles kon kry wat jy wou hê – waar al jou drome waar word, elke aspirasie en begeerte ‘n werklikheid gemaak word – maar God is nie daar nie? Sou jy wou gaan?” Dit is ‘n geoorloofde vraag vir alle Christene. Begeer ons God se seëninge buite en behalwe om Hom, die Gewer van alle goeie dinge, te ken? Of, sou ons soos Moses verkies om elke seëning van ons gestroop te hê, eerder as om God se teenwoordigheid te verloor?

Ek neem God se seëninge nie ligtelik op nie – en sy Woord ook nie. Daar is skaars ‘n boek in die Bybel wat God se besorgdheid oor die armes nie noem nie. Armoede beïnvloed alle gebiede van die lewe en ons moet kos vir die hongeres, hoop vir die neerslagtiges en genesing vir die gebrokenes van hart gee. Maar vir diegene van ons wat God se oorvloedige seëninge ken, deel Moses iets belangriks mee: Selfs daaglikse brood is nietig in vergelyking daarmee om God te ken.

SONDER JESUS HET ONS NIKS

Dit is nie dat Christene vandag nie dankbaar vir God se seëninge is nie. Ons probleem is dat ons daar stop. Ons sê, “Here, u onbeperkte guns is genoeg vir my.” Maar dit is nie genoeg nie. Ons kan die mees lewendige huwelik, die mooiste huis, die mees vervullende werk en die wonderlikste kinders hê – maar as Jesus nie in hulle midde is nie, het ons niks nie.

Is ons gewillig om saam met Moses te verklaar, “Here, as U nie daar is nie, sal ek nie gaan nie”? As ons wel so sê, sal God ons antwoord op die manier wat Hy vir Moses geantwoord het: “Ek self [sal] meegaan om jou die rusplek te verskaf” (Exodus 33:14).