Hoe Om Nie Na God Toe Te Kom Nie!

Ek glo dat die meeste mense wat hulleself Christene noem, geleer het om na God te gaan in tyd van nood. Inderdaad, menige Christene glo dat gebed noodsaaklik is. Baie soek getrou na die Here en kom na Hom toe in trane, met goddelike hartseer en berou. Hulle stort hulle harte teenoor Hom uit, met gehuil en hartroerende gebed, terwyl hulle nes Dawid ten volle versekerd is van God se woord: "En onthou wat U gesê het: Julle moet My kom dien! Ek is hier om U te dien Here" (Psalm 27:8).

U sal met my saamstem dat baie Christene biddende soekers van God is. Tog, ek het vir u `n vraag: hoor God al Sy kinders wat Hom aanroep? Kry elkeen wat na die Here toe kom en Sy seën en guns soek, `n antwoord? Ontvang almal wat vra?

Wat van hulle wat na God toe kom met baie vas en trane? Daar is gelowiges wat soms twintig, dertig of veertig dae vas. Sommige Afrika Christene vas vir lang periodes terwyl hulle glo dat God die dooies sal opwek.

En wat van hulle wat lang smartlike ure spandeer, terwyl hulle na God roep? Word hulle gehoor as gevolg van hulle ywer, determinasie of erns alleen?

Baie Christene het die idee dat al wat hulle nodig het, is "meer, meer, meer" - meer tyd om by God opgesluit te wees, meer trane, meer gebrokenheid, meer erns vir Sy Woord. Iets binne in hulle por hulle aan: "As ek net meer kan vas, meer bid, meer huil, dan sal ek `n beter Christen wees en God sal my gebede beantwoord."

Dawid getuig, "In my nood roep ek na die Here, ja ek roep om hulp na my God. In Sy paleis hoor Hy my geroep. Ek roep na Hom om hulp, en Hy luister na my" (Psalm 18:6).

Die Skrif leer ons, omdat Dawid gehuil het, het God donderend uit die hemel neergedaal: "Die aarde het geskud en gebewe.Hy het die hemel afgebuig en en afgekom.die Here het dit uit die hemel laat dreun.Van bo af het Hy sy hand uitgestrek en my gegryp, my uit die geweldige waters uitgelig," (Psalm 18:7, 9, 13, 16).

Ek vra u: Is dit al wat daar is? Gaan ' mens net eenvoudig na God toe, huil hard by Hom, en Hy sal jou hoor en jou verlos?

Daar is `n belangrike skakel weg uit baie van ons se lewens. En dit is waarom ons nie gereeld antwoorde op baie van ons gebede ontvang nie - en hoekom baie van ons ongerede geliefdes nog nie na die Here toe gekom het nie, waarom ons jaar na jaar nog sonder verlossing en rigting is.

Geliefde, daardie vermiste skakel is geloof! "As `n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek beloon" (Hebreërs 11:6).

Jakobus beveel: "Maar `n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel is soos `n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word" (Jakobus 1:6-7). Wanneer `n persoon ongeloof vertroetel, dan maak dit nie saak hoeveel riviere van trane hy huil nie. Hy sal niks van God af ontvang nie!

Dawid is deur die Here gehoor en verlos nie net omdat hy in trane na die Here gekom het nie. Nee - dit was omdat Dawid met `n hart vol sekerheid en vertroue in God, na die Hom gekom het! "Aan die Here kom die lof toe, want Hy het my smeekstem gehoor. Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou. Hy het my gehelp..." (Psalm 28:6-7).

Natuurlik wil God hê dat ons moet uitroep na Hom. Hy wil dat ons uitreik na Hom met uitroepe vanuit ons diepste wesw. Maar tog, tensy sulke uitroepe gepaard gaan met geloof, hoor Hy dit nie,! Dawid het gesê: "Hy is ons hulp en ons beskermer. Ja, in Hom is ons hart bly.want ons stel ons vertroue in U." (Psalm 33:20-21 beklemtoning myne).

"Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting" (Psalm 18:2). Dawid sê hier, "Ek sal wag op die Here - Hy sal my verlos - omdat ek vertrou op Sy heilige Naam!"

Dawid sê duidelik dat God al Israel se vaders - hulle wat verlos was vanaf die begin -gehoor het omdat hulle Hom vertrou het: "Op U het ons voorvaders vertrou. Hulle het vertrou en U het hulle gered. Hulle het na U om hulp geroep en hulle is bevry; op U het hulle vertrou en hulle is nie beskaam nie" (Psalm 22:4-5).

".Ek het op die Here vertrou en nie getwyfel nie" (Psalm 26:1). Dawid was gedetermineerd om nooit op te gee nie, want sy vertroue was geanker in die Here. Inderdaad, dit was Dawid se onwrikbare vertroue wat God beweeg het om hom te verlos. ".want U het my van die dood gered, my voet nie laat struikel nie, en met God by my kon ek my pad aanhou loop en die lewenslig bly sien" (Psalm 56:13, 14).

Amper elke keer wat Dawid in gebed uitgeroep het tot die Here, hoor ons sy getuienis van vertroue: "God hoor my want ek vertrou op Hom! Ek roep uit na Hom met trane vanaf die fondasie van vertroue wat Hy in my hart geplaas het."

Gelowiges, die Here het hierdie saak van geloof baie werklik vir my gemaak tydens `n onlangse sessie van gebrokenheid in gebed. Ek het `n week alleen gehad wat ek spandeer het deur te vas en die Here te soek. Daar was sekere dinge waarvoor ek wou gebid het, - fisiese behoeftes, meer krag in my preke, die bekommernisse van die kerk, die uitstort van die Heilige Gees in New York stad. Ek wou openlik met die Here gewees het rakende al hierdie behoeftes.

Gedurende daardie week het ek al die Skrifte aangehaal wat gegaan het oor die uitroep na die Here en die horings van die altaar aangryp. Ek het my vlees onder beheer geneem en het verskye dae lank gevas. En ek het na die Here gekom met groot versugting - met my hart gerig op Hom, en wou net Hom behaag. Ek het heen en weer in die woonstel geloop, roepend en huilend na God, "O Here, U moet my antwoord!"

Ek het menigte waardelose ure spandeer om te verseker dat my gebede oorreedend was. Maar, uiteindelik, het die Gees van God liefdevol, maar tog ferm met my siel gepraat: "David, stop dit! Droog af jou gesig en hou op met huil."

Die Gees het voortgegaan: "Hou op huil - hou op om in die woonstel rond te loop! Gaan sit. Ek het iets om aan jou te sê: Moet nooit ooit weer in My teenwoordigheid kom met ongeloof nie! Ek sal nie jou getreur, gehuil en smekinge hoor, totdat jy in My Woord glo nie. Jy is besig om My te smeek vir dit wat Ek alreeds belowe het. Jy neem My nie op My Woord nie!"

Jy kan huil totdat daar geen trane oor is nie - maar dit gaan jou niks help nie. Geen gebede, trane of vasting wat jy aan My offer sonder geloof kan My ooit tevrede stel nie. Niks van jou struweling of strewe vir antwoorde sal werk nie, David - totdat jy na My toe kom in geloof nie!"

"As `n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek beloon." (Hebreërs 11:6).

Dit bring my direk by my onderwerp uit: Hoe om nie na God toe te kom nie! Ek voel verplig deur die Gees om verskeie dinge met u te deel wat u nie moet doen wanneer u na die Here toe kom in gebed nie:

Ons hoor so baie preke rakende die behoefte aan gebed. En ons word veroordeel wanneer ons nalaat om te bid. So stry ons met ons vlees, bring dit onder beheer, dissiplineer onsself om te bid en kom alleen by God om Hom aan te roep.

Maar tog kan ons ons nie voorstel dat God ongelukkig met ons kan wees oor die ure wat ons in gebed, in vas of in trane deurbring nie. Dit is ondenkbaar dat Hy ons nie sal hoor na soveel struwelinge nie - dat dit alles verniet kan wees en Hom hoegenaamd geen plesier verskaf nie

Nogtans, die Woord van die Here is duidelik: "Wanneer 'n persoon ongeloof vertroetel, dan maak dit nie saak hoeveel riviere van trane hy huil nie. Hy sal niks van God ontvang nie!" (Jakobus 1:6-7).

Geliefdes, gryp vas aan hierdie woord: dit is onmoontlik om God te behaag sonder geloof! Abraham is een man wat geloof ontwikkel het; 'n geloof, wat nie getwyfel het aan dit wat God hom beloof het nie:

"Al was hy sowat honderd jaar en al het hy dus goed besef dat sy liggaam reeds gedaan was om kinders te hê, het sy geloof nie verswak nie. Hy het nie in ongeloof begin twyfel aan die belofte van God nie, maar hy is in sy geloof versterk en het aan God die eer gegee. Hy was ook ten volle daarvan oortuig dat God mag het om te doen wat Hy beloof het" (Romeine 4:19-21).

Nou praat ons van "onmoontlikhede" - om in God te glo vir wat menslik onmoontlik blyk te wees. Die Here belowe 'n kind aan hierdie twee mense wat "dooie" liggame gehad het. Wat 'n uitdaging tot geloof! Dit was 'n menslik onmoontlike situasie. Abraham was nou sewe en negentig jaar oud, sy reproduksie organe was dood, en sy vrou Sarah se baarmoeder was ook dood.

"En God het ook nog vir Abraham gesê.Haar naam is nou Sara. Ek sal haar seën en vir jou 'n seun uit haar gee..en nasies en konings van volke sal uit haar voorkom. Nee, jou vrou Sara sal vir jou 'n seun in die wêreld bring" (Genesis 17:15-19).

God het gesê, "Selfs al is julle liggaame dood, julle gaan 'n baba seun hê. En al My beloftes van geloof gaan deur hierdie kind kom. Abraham, jy gaan die vader van baie nasies wees!"

Waarom het God nie dertien jaar tevore toe Ismael gebore was, Isak aan hulle gegee nie,- toe die paartjie se liggame nog vol lewe was nie? Hoekom het Hy gewag totdat die situasie menslik onmoontlik geword het - en slegs absolute geloof in Hom hierdie belofte kon bewerkstellig het?

Dit was omdat hierdie saad, `n saad van "geloof" moes wees - geheel en al uit geloof gebore. Abraham se geloof was nog nie ten volle ryp nie. Hy het nog getwyfel in God se belofte!

Tog het Sara die belofte geken. En nadat tien jaar gewag is met nog geen kinders nie, het sy ongeduldig geword en 'n plan bedink. Sy het aan Abraham gesê, "Ek sal jou my bediende, Hagar gee as jou tweede vrou. Gaan by haar in en baar vir my 'n kind by haar."

Abraham het saamgestem en gereken, "Per slot van rekening, die belofte is dat dit uit my saad sal kom." So het hy by Hagar ingegaan, en sy het vir hom 'n seun, Ismael, gebaar.

Maar Sara was rasend van jaloesie teenoor haar eggenoot: "Jy dra die skuld vir hierdie onreg wat ek moet verduur" (Genesis 16:5), menend, "Dit is alles jou skuld." En sy was reg! Abraham moes op die Woord van die Here vertrou het, dat Sara sy kind sou baar. Maar hy het nie op God gewag nie - hy het gedink hy kan kortpad vat, en probeer om op sy eie die belofte te máák gebeur. Hy het gesondig teen die lig wat aan hom gegee is. En God het sy versoek dat Ismael die erfgenaam moet wees, botweg geweier.

U sien, Abraham moes nog die geloof, wat onwrikbaar is en nie onder druk steier nie, ontwikkel. En dit sou slegs kom deur toetse en beproewings. Aan die einde getuig God se Woord van hom: "Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog gehoop en geglo, en so die vader van baie nasies geword volgens die belofte:" (Romeine 4:18).

Tog, die belofte wat God aan Abraham gemaak het, het nie vir 'n verdere negentien jaar gebeur nie. Hierdie keer, het Abraham God egter geglo ".Toe daar geen hoop meer was nie." (Romeine 4:18). Die Skrif sê, ".en het hy dus goed besef dat sy liggaam reeds gedaan was." (vers 21) en hy het geen twyfel hoegenaamd gehad nie. Hy was ".in sy geloof versterk." (vers 21) dat dit wat God belowe, sal Hy doen. God het aan Abraham en Sara hulle wonderkind gegee - gebore uit die baarmoeder van geloof alleen!

Het u al opgehou om net u omstandighede raak te sien, net soos Abraham? Het u opgehou om te probeer reken en uit te werk hoe God u behoeftes sal bevredig? Of is u nog steeds vasgevang, en dink u aan al die onmoontlikhede en hindernisse? Moenie in gebed na die Here toe kom, alvorens u opgehou het om al die "onmoontlikhede te oorweeg" nie! Moenie na Hom toe kom alvorens u ten "volle seker" is nie: Hy is by magte en ten volle gewillig om alles te doen wat Hy belowe het. U hoef nie verder in vrees of die gevangenisskap van ongeloof te lewe nie. God het alles in die lewe aan ons gegee rakende, lewe en goddelikheid:

"Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur. (2 Petrus 1: 3-4).

Geliefde, enige twyfel wat u het kom van ongeloof. Om te twyfel beteken, "om te argumenteer, om te verwerk, uit te dink, die meriete te beoordeel, die saak te debateer.

Die betekenis om ".nie te twyfel ." in Romeine 4:20 is dit: "Abraham het nie in ongeloof begin twyfel aan die belofte van God nie, maar hy is in sy geloof versterk en het aan God die eer gegee."

Om geloof te hê, beteken dat u al u verskille uitgesorteer het. Wanneer u na God toe kom, dan moet u alle debatering, hopeloosheid vrae en twyfel agter laat. En u moet ten volle verseker wees dat Hy sy Woord sal hou. God wil, die onmoontlike doen - omrede, hoe meer onmoontlik die situasie, hoe meer sal Hy verheerlik word!

Ons is te bang om in geloof uit te stap en in God se beloftes te glo. Daarom las ons hierdie vers by ons gebede aan: "As dit U wil is Here."

Daardie vrase word slegs een keer in die Skrif genoem. Dit is deur Jesus gespreek in die tuin van Getsemane:

".My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil" (Matteus 26:39).

Nou sê sommiges dat God nie hierdie gebed gehoor het nie - dat Jesus die beker gedrink het. Maar ek glo - net soos Finney en ander - dat God wel Jesus se gebed gehoor het en dat die beker wel by Hom verby gegaan het. Laat ek verduidelik: die beker wat Jesus noem het niks te doen met die Kruis nie. Die beker was eerder sy vrees om in die Tuin dood te gaan van angs. ".Ek voel doodsbenoud.." (vers 38).

U sien, Christus het altyd die Kruis omhels. Vir drie jaar het Hy Sy dissipels vertel dat dít is waarheen Hy oppad is en Hy het nooit dit probeer afweer of keer nie. Hy het geweet die mensdom nie gered sou kon word sonder die Kruis en sonder die vergieting van Sy eie bloed nie.

So, Hy kon nie gevra het dat die Kruis "verby" moes gaan nie. Eerder, die beker waarvan Hy gepraat het was angs, `n hartseer tot die dood toe. Dit was hartseer oor die mensdom se verwerping van God se offer van genade - 'n hartseer so diep dat dit veroorsaak het dat Hy trane van bloed gestort het.

En Sy beker het verby gegaan. Jesus het uit Sy angsgebed uitgekom met vrede en kalmte, reg om na die kruis te gaan. Iets wonderlik het oor Hom gekom, en Hy het geweet dat Hy aan die Kruis geoffer sou word. Die beker het verby gegaan - omdat God Sy gebed beantwoord het!

Die apostel Johannes sê: ".omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra" (1 Joh 5:14). Ek glo ons kan die woord "wil" vervang met "belofte" in die vers. Hoekom? Enige belofte van God is 'n openbaring van Sy wil!

Neem as 'n voorbeeld, God se belofte om ".wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle onbevlek en met vreugde sy heerlikheid te laat aanskou" (Judas 24). Hoekom sal u na God gaan en vra, "As dit U wil is, Vader, keer dat ek nie val nie" - wanneer Hy alreeds belowe het om dit vir u te doen? Daardie tipe van gebed is 'n verleentheid!

Tog, ons dink ons gee vir God "uikomkans" wanneer ons op hierdie manier bid. En later, nadat ons opgegee het om te bid omdat ons nie genoeg geloof het nie, dan verduidelik ons, "Dit was nie die Here se wil nie." Ons gee aan God 'n veilige uikoms - 'n verskoning om nie te antwoord nie! Geliefdes, ons durf nie na God kom en bid, "Here, as dit U wil is, voorsien in my behoeftes nie." God se Woord stel dit duidelik:

"En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus" - omdat God belowe om Sy Gees op ons wat vra, uit te stort! (Fillipense 4:19). En ons moenie waag om na God te kom en te vra, "Here,as dit U wil is, gee ons U Heilige Gees" - omdat God belowe het om sy Heilige Gees aan almal te gee wat vra! (Lukas 1:13).

Inderdaad, God gee aan ons uitstekende en waardevolle beloftes, sodat ons sal leer om Hom in vrymoedigheid te vertrou. "Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word." (Hebreërs 4:16).

Vir baie Christene klink dit vreeslik geestelik om te bid, "Here, laat U wil geskied." Maar te gereeld word hierdie houding gebore uit ongeloof. Sulke mense word swak en weifelend in hulle geloof. Al besit hulle 'n groot, glorieryke belofte - met God se wil perfek en duidelik daarin - is hulle bang om `n standpunt in te neem daarvoor!

Die waarlike geestelike wyse om te bid is om in God se Woord in te delf en Sy wil, wat bekend is in sy beloftes aan ons, te vind!

Wat ek nou net gesê het mag soos 'n fout klink vir sommiges. Maar die waarheid is dat ons ontsettend lui geword het om God se Woord te leer en om so Sy wil te ken. Al wat ek sê is dat Sy wil geken kan word deur Sy beloftes te bestudeer - en deur dit te ken, sal ons God se wil vir ons ken en sal ons waarlik kan bid "volgens Sy wil."

".Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees." (Markus 11:24).

God is nie 'n terggees of 'n God wat speletjies speel nie. Hy is nie soos die kettingwinkels wat 'n reuse uitverkoping op 'n item adverteer en dan wanneer jy daar kom, vir jou vertel, "jammer dit is uitverkoop nie" - en dan probeer om `n duurder artikel aan jou te verkoop nie.

Nee - God maak gee nie plaasvervangings nie! As u Hom vra vir brood, sal Hy dit nie vervang met 'n klip nie. As u hom vra vir vis, sal Hy u nie verras met 'n slang nie (sien Matteus 7:9 - 10).

Toe die blinde man gevra is wat dit is wat hy wil hê, het hy geskreeu, "Dat ek mag sien!" Jesus het nie geantwoord, "Hier, laat my toe dat Ek iets beter vir jou doen nie. Laat ek jou geestelike insig gee sodat jy mense se gedagtes kan lees en die dieper dinge van God se wil kan ken nie. Dit sal baie beter wees." Nee! Die Bybel sê, Jesus het spesifiek dit waarvoor hy gevra het, aan hom gegee - sy sig!

Jakobus sê dat wanneer `n persoon God vir wysheid vra, dan sal Hy hom wysheid gee, nie verdraagsaamheid, of lankmoedigheid of onderskeiding nie maar wysheid! (sien Jakobus 1:5). Wanneer jy spesifiek raak met God, dan raak Hy spesifiek met jou. Hoekom? Hy wil ons antwoord, presies soos ons vra - sodat ons daarna sal uitkyk met geloof!

Dikwels redeneer ons met onsself, "As God nie toestaan waarvoor ek gevra het nie, dan is dit wat Hy vir my wil gee net so goed of baie beter." 'n Gunstelling gesegde van my was, "As God een deur toemaak, dan maak Hy 'n beter deur oop." Nee! Dit is nie die korrekte teologie nie. Dit klink geestelik, maar dit is gebaseer op twyfel!

Jesus leer ons:

  • "As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra" (Matteus 21:22).
  • "Wat julle ookal in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen" (Johannes 14:13-14).
  • "As julle in My bly en My woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry (Johannes 5:7).

God wil dat u spesifiek met Hom moet wees. So, ek vra u: Presies waarvoor u bid?

Is dit die redding van u familie? Neem dan Sy belofte vir die bewaring van u en u huis aan (sien Handelinge 16:31). Gaan met vrymoedigheid na God met Sy belofte. En moenie tevrede wees totdat u spesifiek gehoor word nie!

`n Hele stad mag gered word. Ongeredde vriende reg rondom u mag na Jesus kom. Maar dit kan nie genoeg wees vir u nie! U moet bly vashou, glo, totdat u versoeke gehoor is en beantwoord is. U moet sê, " Here, dit is alles wonderlik - maar dit is my geliefde wat u moet red!" Wees spesifiek met Hom - en hou aan vra totdat dit gebeur!

Het u finansiële behoeftes, skuld? 'n Honderd mense mag teenoor u getuig dat daar aan hulle behoeftes voldoen word, en dit is goed. Maar u moet vashou aan God in gebed totdat u behoeftes voorsien word! U moet sê, "Dit is nie 'n antwoord op my gebed nie, Here. Ek wil dat U dit vir my doen!"

Maar u kan nie met 'n hart vol wellus vra nie ".julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig" (Jakobus 4:2-3). God se begeerte is dat u so met Hom sal wandel dat u die dinge wat Hy in u gees geboorte aan gee, eerste sal soek. Oor 'n tydperk sal u vind dat u Sy koninkryk eerste sal soek, terwyl u vir verlore siele bid. En skielik sal u ander dinge sien gebeur wat u nie eers voor gebid het nie.

God seën u wanneer u nie selfsugtig vra nie - wanneer u vir dinge vra wat na aan Sy hart lê.

1. Kom na God toe met 'n hart vol vergiffenis. As u 'n wrok teenoor iemand koester, dan kan u vergeet van geloof, vas of gebed. Dit is onmoontlik vir God om u te hoor as u nie vergewe nie. "Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie" (Matteus 6:15).

God het met my oor die saak gedeel . Ek weet wat dit is om seer te kry en gewond te wees, sonder dat ek daartoe aanleiding gegee het. Tog, as ek na die Here toe gaan terwyl ek iets teen iemand hou, dan weet ek dat my gebede nie eers tot bo my kop sal styg nie. Tans probeer ek nie eens bid totdat ek alles in my hart reggemaak het nie.

2. Wees gehoorsaam aan God se Woord. Doen wat Hy sê, "en wat ons vra, kry ons van Hom omdat ons Sy gebooie gehoorsaam en doen wat Hy goed vind" (1 Johannes 3:22).

Die Heilige Gees sal u alle dinge in u lewe wys wat God ongelukkig maak. Hy belowe om dit aan u bekend te maak, as u dood eenvoudig in geloof na Hom toe gaan.

3. As u getroud is, behandel u maat liefdevol, intelligent en met respek, ".Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder" (1 Petrus3:7).

As u na God toe gaan terwyl u baklei met u vrou, kan u vergeet om ooit deur Hom gehoor te word. U gebede sal verhinder word deur u onregverdige hart!

4. Kom na God toe in eenvoudige kinderlike geloof. ".Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie" (Matteus 18:3).

Hierdie vers beteken nie dat u vir ewig verlore sal wees nie. Eerder, Jesus praat van die koninkryk van die hemel op aarde. Sonder kinderlike geloof, sê Hy, sal u nooit geskik wees of ingaan in al die voorsorg wat Hy vir u berei het nie. U sal nooit hemel op aarde ken nie - die dinge wat God voorberei het vir hulle wat vir Hom lief is nie - tensy u na Hom toe kom en glo soos `n klein kindjie.

Deur God se genade, is ek van voorneme om elke dag, gedurende die nuwe jaar, na God toe te gaan en Sy beloftes na die troon van genade te neem en dit voor Hom neer te lê. Ek wil vir Hom vertel, "Hier is wat U gesê het, Here - U geopenbaarde wil. En ek glo wat U sê. So ek gaan nou begin om U te dank vir my antwoord. Ek gaan U nie smeek om te doen wat U alreeds belowe het dat U sou doen nie. Ek gaan U dank vir die volbringing van U Woord aan my!"

Liewe heilige, laat hierdie jaar jou jaar van geloof wees. Lê beslag op God se beloftes. Hulle is almal daar vir u! Jesus belowe, ".So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra" (Johannes 15:16).

Glo God vir u geliefdes se siele. Glo Hom vir Sy Gees wat in u lewe uitgestort sal word. Glo Hom vir u fisiese toestand, u finansiële toestand. Hy sal u nie verlaat nie. Staan op sy beloftes vir u, al sê 'n miljoen mense anders. Laat God se Woord die waarheid wees en elke ander mens se woord 'n leuen! Hy belowe, "Ek sien om na alle dinge. En Ek sal in elke behoefte van jou voorsien." Amen!

" Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle" (1 Petrus 5:7).