HOE KAN ONS STILBLY?

Jim Cymbala

God het my gered deur ingang te vind by my hart. Soos my geloof en toewyding aan Hom begin groei het, het Hy kennis en insig aan my begin meedeel, ‘n begrip van sy weë, ‘n begeerte om te studeer en te leer en selfs nog dieper in sy wysheid te groei. Dit is ‘n proses van raadgee en volwasse word, een wat sal voortgaan tot die dag wat ek sterf, maar dit begin met ‘n aanraking van my emosies, nie my intellek nie.

Ek het grootgeword in ‘n familie wat niks van Jesus af geweet het nie. My moeder en vader was kinders van die duisternis, gedompel in ‘n leefstyf van die okkult, verblind vir die lig van Jesus se wonderlike genade. Ek onthou duidelik my moeder se oë. Dit was koud en donker en leeg. Emosielose oë. Daar was niks daar nie . . . niks anders as swartheid nie. Om in haar gesig te kyk, was soos om na die put van die hel te staar. Soms het ek gevoel asof Satan self teruggestaar het na my deur die dorre, leë oë van my moeder.

Deur die genade van God was ek later in staat om my moeder en vader na die Here te lei. Sy het ‘n kragtige getuienis van God se wonderlike vergifnis geword, en vir die eerste keer, was ek in staat om in haar oë te kyk en die liefde en deernis te sien waarna ek altyd gesmag het. Die leegheid was weg, en in die plek daarvan, was suiwer skoonheid, ‘n siel bevry van haat en wanhoop. Sy was ‘n kind van vryheid.

Hoe kan ons ooit weer stilbly wanneer ons die bonatuurlike verandering gesien het van ‘n siel wat vrygemaak is van Satan se greep? Wanneer ons gesien het wat Jesus in en deur ‘n lewe toegewy aan sy wil kan doen, word ons vir altyd verander. Ons begin smag na al die wysheid en krag wat die Heilige Gees bied. Ons kan onsself nie keer om te pleit om die verlorenes se onthalwe nie en te smag daarna om hulle met God se boodskap te bereik.

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run.