HOE GOD WERKLIK IS

David Wilkerson (1931-2011)

In die Ou Testament, het God se volk Hom keer op keer verlaat, maar elke keer het Hy hulle herstel en hulle ontsaglik geseën. Die Here het die volste reg gehad om moed op te gee met Israel, maar Hy het getrou gebly aan hulle. Nehemía som hierdie wonderlike waarheid oor sy natuur as volg op:

“Maar sodra hulle rus gehad het, het hulle weer kwaad gedoen voor u aangesig . . . as hulle U dan weer aanroep, het U uit die hemel gehoor en hulle na u barmhartigheid baie keer gered . . . Maar in u grote barmhartigheid het U hulle nie volkome vernietig en hulle nie verlaat nie, want U is ‘n genadige en barmhartige God” (Nehemía 9:28,31).

Die profeet Jesaja het ook hierdie aspek van God se natuur geken. Soos Moses voor hom, het Jesaja God se oordeel teen sonde verkondig. Hy het gespreek van donker dae van wanhoop wat sou kom oor hulle wat volhard het in wederstrewigheid. Te midde een van sy mees direkte boodskappe, het Jesaja egter gestop om toe die volgende verklaring gemaak:

“Ek sal die goedertierenhede van die HERE prys, die roemryke dade van die HERE, ooreenkomstig alles wat die HERE aan ons bewys het, en die veelvuldige goedheid jeens die huis van Israel wat hy aan hulle bewys het, na sy barmhartighede en na die grootheid van sy goedertierenhede” (Jesaja 63:7).

Oral waar Jesaja gegaan het, het hy afkerigheid en afvalligheid in Israel gesien. Ten spyte daarvan, het Jesaja egter in sy hart gekyk en ‘n openbaring onthou van hoe God werklik was. En hy het God begin loof vir sy getrouheid: “O, Here, ons was wederstrewig teen U en het van u Heilige Gees afkerig geraak. Red ons weer deur u groot genade. Wek weer u deernis teenoor ons op. U is vol goedertierenheid.”

Die profeet Joël het ook ernstige waarskuwings gegee, maar selfs toe hy geprofeteer het van groot aardbewings en die verduistering van die son en die maan, het hy skielik begin praat van God se liefdevolle natuur:

“Bekeer julle tot die HERE julle God: want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil” (Joël 2:13).

Geliefde, daar is tye wanneer ons hierdie openbaring van die Here se barmhartigheid self moet onthou.