HIERDIE WONDERLIKE GESKENK VAN GENADE

Gary Wilkerson

“Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie” (Efésiërs 2:8-9).

Ons lewe in Christus begin met genade, dit gaan voort met genade en dit eindig met genade. Wanneer ons dit verstaan, dan sal ons lewens gekenmerk word deur vryheid in plaas van slawerny; deur vreugde in plaas van moeite; deur blydskap in plaas van vrees. Om tyd in God se teenwoordigheid deur te bring, sal soos ‘n vreugdevolle geskenk voel omdat ons sal begin verstaan dat ons nie langer dienaars is nie, maar vriende van Jesus.

Om hierdie wonderlike geskenk van genade te begryp en ons eie te maak, neem egter nie ons verantwoordelikheid weg om onsself te dissiplineer in ons wandel met Hom nie. Genade onthef ons nie van ons plig om voortdurend sy aangesig te soek nie.

Hier is my raad aan jou: Moenie nalaat om te bid nie, maar doen dit met die olie van God se genade. Lees jou Bybel met genade, anders sal jy veroordeel en vreesagtig voel eerder as ingelig en bemagtig. Hoekom? Omdat dit God se werk van genade is om vir ons ons onvermoë uit te wys, terwyl ons terselftertyd bemagtig word om sy vermoë te erken. En gee aandag om nie moed op te gee met jou rekenskapgroepie nie, daardie mede-Christene wat jou terselftertyd liefhet, bemoedig en uitdaag.

Genade reën op ons neer vanuit die Here se troon en genade is wat die wêreld na ons lewens en getuienisse sal trek. Wanneer mense God se genade op ons sien neerreën, dan sal hulle besef dat ons harte deur genade gewen is en nie deur ons werke nie.

Maak jou hart oop vir God se genade vandag, sodat jou lewe sy goedheid sal weerspieël teenoor almal rondom jou.