HET ONS DEERNISVOLLE HARTE?

Nicky Cruz

As ons mense vir Jesus wil bereik, laat ons ‘n les leer by die apostel Paulus. Hy het geweet hoe om mense te bereik met die boodskap van verlossing.

Toe hy in Athéne was, het Paulus bekommerd geraak oor die groot aantal mense wat afgode en valse gode aanbid het. Hy het geweet hoe diep hierdie rituele in hulle kultuur ingebed was en hy het besef dat om hulle te bereik, moes hy hulle vertroue wen. Hy het tyd saam met die mense deurgebring, vetroud geraak met hulle waardes en gelowe en hulle kultuur geabsorbeer.

Paulus het die presies die filosofie van die evangelisie uitgeleef waaroor hy geskryf het in sy brief aan die kerk by Korinthe: “Vir almal het ek alles geword om in alle geval sommige te red” (1 Korinthiërs 9:22).

Toe ‘n groep filosowe hom oor Jesus gehoor preek het op die strate en in die sinagoge, het hulle hom na ‘n byeenkoms geneem om met hom te argumenteer. Hulle was gewapen en gereed vir ‘n geveg, maar Paulus het wyslik sy vyandskap neergelê en die Athéners se honger na geestelike kennis in sy guns gebruik. Omring deur die gesnede beelde van die baie gode wat hulle aanbid het, het hy begin deur hulle te prys oor hulle belangstelling om die waarheid te soek: “En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het” (Handelinge 17:22-23).

In plaas daarvan om hulle intelligensie te beledig, het Paulus hulle honger vir kennis gebruik tot sy voordeel. Hy het hulle gekomplimenteer oor hulle pligsgetroue soeke, en toe hy hulle aandag gehad het, het hy die waarheid van Jesus met hulle gedeel. Deur hierdie taktvolle benadering, was Paulus in staan om die hindernisse af te breek en talle verharde mense vir Christus te bereik.

God het mense nodig wat gewillig is om sondaars te omhels en hulle vriendelik te lei na die waarheid van sy Woord – deernisvolle harte met ‘n dwingende boodskap.

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run.