HERSTEL NA VERLIES

David Wilkerson

Toe Dawid God se leiding gesoek het na die katastrofe by Siklag (sien 1 Samuel 30:1-6) glo ek hy het ‘n stem agter hom gehoor fluister “dit is die weg wandel daarin.” Geliefdes vandag is dit nog steeds waar vir ons.  

Daar is ‘n ou bekende opbouende evangelie liedjie getiteld “Hy sal ‘n weg maak” en ons Here doen presies dit. Jy sien, Hy het nog altyd ‘n plan vir ons gereed gehad en daardie plan is steeds in werking te midde van wat ook al die storms is wat ons beleef.

WAT IS WAARLIK VAN BELANG?

Ek is oortuig dat die woord van God wat Dawid oor en oor in sy gedagtes herhaal het, was, “Jy sal sekerlik inhaal en sekerlik uitred” (sien 1 Samuel 30:8). Dawid het geweet hy sou nie sy huis in Siklag kon red en terugkry nie en so ook sou sy soldate nie hulle huise, tuine, of hulle besittings terugkry nie. Daardie materiële dinge was verlore, verbrand en verwoes en al wat hulle kon uitred en terugwen was die veiligheid en sekuriteit van hulle families.

Al waarvoor Dawid en sy 600 lojale soldate omgegee het was hulle families – alles wat waarlik belangrik was – sou veilig wees. Hulle sou dalk in tente moes woon saam met hulle vroue en kinders, maar God het hulle verseker dat hulle veilig sou wees.

VERGEET VAN DIE “GOEIE OU DAE”

Sien jy ooreenstemmings met ons tyd? Hierdie mans sou nie hulle vorige leefstyl herwin of terugkeer na dieselfde rustige dae wat voorheen so vol vrede was nie. Die “goeie ou dae” was nou geskiedenis – maar hulle het al die belangrike dinge “gered” en teruggekry.

“En Dawid het dan alles gered wat die Amalakiete saamgeneem het; ook sy twee vroue het Dawid bevry” (1 Samuel 30:18).