HERE, HELP MY OM DIT ALLES NEER TE LÊ

David Wilkerson (1931-2011)

“En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die HERE aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is” (2 Korinthiërs 3:18).

Gelowiges bring heeltemal te veel tyd deur om te bid, “God, verander my omstandighede; verander my medewerkers; verander my familie situasie; verander die toestande in my lewe.” Ons bid egter selde die heel belangrikste gebed: “Verander my, Here. Ek is die een wat gebed nodig het.”

God orkestreer die stappe en lewens van al sy kinders en Hy laat nie toe dat iets toevalligs of volgens die noodlot in ons gebeur nie. En, glo dit of nie, Hy het jou krisis toegelaat. Wat probeer Hy vir jou daardeur sê?

Of jy daarvan hou of nie, ons is almal in die proses om op een of ander manier te verander. In die geestelike koninkryk, is daar nie so ‘n ding soos blote bestaan nie; ons word heeltyd verander, ten goede of ten kwade. Óf ons word meer soos ons Here óf meer soos die wêreld, óf ons groei in Christus, óf raak afvallig.

Word jy meer liefdevol in jou gees, meer soos Jesus? Kyk jy nugter in die spieël elke dag en bid, “Here, ek wil aan u beeld gelyk word op elke gebied van my lewe”? Of het bitterheid wortel geskiet en het dit verander in wederstrewigheid en hardheid van hart?

Laat my prontuit sê dat as jy jouself verskans teen die veroordelende Woord van God en die stem van sy Gees, sal jou lewe meer chaoties word en jou situasie sal erger word. Ek dring by jou aan om eerlik uit te roep na die Here in gebed: “Verander my, O God. Grawe diep in my en wys vir my waar ek misluk het en afgedwaal het.”

As jy ernstig begeer om verander te word, God se Woord is vol leiding en wysheid. As jy alleen op die Heilige Gees sal vertrou, sal Hy jou oë oopmaak en jy sal begin om te verander op daardie oomblik.