HELPERS IN GEBED

David Wilkerson (1931-2011)

Hoe dikwels bid jy vir ander? Heel dikwels wanneer ons vir iemand sê, “Ek sal vir jou bid,” vergeet ons om dit te doen. Of ons bid een keer en vergeet dan gou van hulle behoefte.

Die apostel Paulus het so erg swaargekry dat hy gevrees het vir sy lewe: “Want ons wil nie hê, broeders, dat julle onbekend moet wees met ons verdrukking wat oor ons in Asië gekom het nie, dat ons dit bo ons krag uitermate swaar gehad het, sodat ons selfs aan ons lewe gewanhoop het” (2 Korinthiërs 1:8). Paulus het sy behoeftes aan sy broers bekend gemaak en nadat hy verlos is, het hy hulle krediet gegee vir hulle ondersteuning in gebed  (sien 2 Korinthiërs 1:11).

Ons kan nie presies sê wat Paulus se swaarkry was nie maar 2 Korinthiërs 7:5 gee vir ons ‘n leidraad: “Want ook toe ons in Macedónië gekom het, het ons vlees geen rus gehad nie, maar ons is op allerhande maniere verdruk; van buite was daar aanvegtinge, van binne verskrikkinge.” Paulus was by ‘n punt van een of ander uitputting, miskien het hy gely aan geestelike angs en dit is duidelik hy het gebedsondersteuning nodig gehad.

Talle gelowiges ly vandag soos Paulus; hulle grootste angs is emosioneel, miskien veroorsaak deur diegene wat hulle die meeste liefgehad of gehelp het. ‘n Betekenisvolle les wat Paulus in sy angs geleer het, was dat hy hom na die Here moes wend. Hy kon nie langer vertrou op sy vlees, vermoëns of wilskrag nie. “Ja, ons het al self by onsself die doodvonnis oor ons gehad, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dode opwek” (2 Korinthiërs 1:9-11).

‘n Dierbare bejaarde man het vir my vertel dat God hom gedring het om daagliks vir my te bid en hy het my gevra of hy my kon plaas op sy gebedslys – wat insluit weduwees, armes, predikers en ongeredde mense. Hy lei ‘n eenvoudige lewe en bid sonder ophou. Ek glo dat diegene wat voorbidding doen vir ander ‘n besonderse ryk beloning in die hemel ontvang. Wanneer ek dink aan die siele wat God toegelaat het om in die koninkryk te maai, dink ek dadelik aan die ontsaglike helpende gebede van mense soos hierdie diebare gelowige.