HELPENDE GEBEDE

David Wilkerson (1931-2011)

Elke herder, prediker en evangelis benodig helpers in gebed wat voortdurend vir hulle in gebed sal voorbidding doen. Ek kan jou verseker dat ek deur die jare getrou gedra was deur getroue dienaars.

Die Skrif sê toe Petrus in boeie in die tronk was, “ het ‘n aanhoudende gebed tot God deur die gemeente vir hom opgegaan” (Handelinge 12:5). God het Petrus verlos met ‘n wonderwerk deur helpende gebede.

Paulus het nie net vir gebedshelpers gevra nie, maar was self ‘n helper. Hy het geweet dat dit deel van sy roeping was as ‘n bedienaar van die evangelie. Hy het aan die Filippense geskryf, “Aan al die heiliges . . . saam met die opsieners en diakens . . . Ek dank my God elke maal as ek aan julle dink – en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met blydskap . . . omdat ek julle in my hart dra” (Filippense 1:1,3-4,7). 

Net so, het Paulus aan die Romeine geskryf, “Want God . . . is my getuie hoe ek onophoudelik aan julle dink en altyd in my gebede smeek” (Romeine 1:9-10). Die woord “dink” beteken, “Ek herhaal julle name en behoeftes voor die Here.” Kortliks, Paulus het nie van ander gevra wat hy nie gewillig was om self te doen nie.

Is jy bewus van ‘n broer of suster wie se huwelik in gedrang is? As dit so is, wat doen jy daaromtrent? Vertel jy net vir ander daarvan, of noem jy hulle name voor God en stry jy in gebed vir hulle?

Begeer jy die bediening van ‘n helper in gebed? Magtige verlossings vind plaas wanneer God se heiliges Hom ywerig soek met kinderlike geloof vir die behoeftes van hulle broers en susters.